Luister nou

Vicki Terblanche: Kêrel tot 25 jaar gevangenisstraf gevonnis

Deur Pretoria FM Nuusspan

Vicki Terblanche se kêrel ten tyde van haar dood, Reinhardt Leach, is vanoggend tot 25 jaar gevangenisstraf gevonnis vir haar moord.

Leach is Woensdag daaraan skuldig bevind dat hy aandadig was aan dié moord in Oktober 2021 in Port Elizabeth.

LEES OOK: Vicki Terblanche se kêrel skuldig bevind aan haar moord

Hy is die tweede persoon wat in verband met haar dood gevonnis is nadat Dylan Cullis vroeër tot agtien jaar gevangenisstraf gevonnis is, nadat hy ‘n pleitooreenkoms met die staat aangegaan het.

‘n Derde verdagte – Terblanche se vervreemde man, Arnold – sal later vanjaar afsonderlik verhoor word nadat hy daarvan beskuldig is dat hy vir Leach en Cullis geld aangebied het om haar te vermoor.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Suliman Carrim

Suliman Carrim uit op borgtog

Fotokrediet: Polity

Ian Cameron vra Senzo Mchunu se verwydering

Fotokrediet: WUNC

Israel se verkiesingsuitslag dui op ’n kop-aan-kop-stryd

SANW-soldate

Ontplooiing van SANW-soldate na Durban beloop R34 mil.

Fotokrediet: Reuters

Rusland en Oekraïne stel skietstilstand in

Ander Nuus Artikels

Nhlanhla Mkhwanazi
Mkhwanazi binnekort nuwe hoof van die Valke
Fotokrediet: The North Africa Post
Solidariteit voer samesprekings met die Withuis oor Agoa
Israel verkiesing - Alhurra
Israel se verkiesing eindig in dooiepunt
Suliman Carrim
Suliman Carrim uit op borgtog
Fotokrediet: Polity
Ian Cameron vra Senzo Mchunu se verwydering

Luister nou