Luister nou

Vicki Terblanche se kêrel skuldig bevind aan haar moord

Deur Pretoria FM Nuusspan

Die vermoorde Vicki Terblanche (42) se kêrel, Reinhardt Leach, is vanoggend in die hooggeregshof in Gqeberha/ Port Elizabeth aan haar moord skuldig bevind.

Terblanche se liggaam is op 23 Oktober 2021 in ‘n vlakgraf op ‘n kleinhoewe naby groenbossies gevind. Nog ‘n beskuldigde in die moordsaak, Dylan Cullis, is in Oktober 2023 skuldig bevind en tot 18 jaar gevangenisstraf gevonnis nadat hy sy rol in die moord erken het.

Terblanche se vervreemde man, Arnold, word ook van die moord op Vicki aangekla.

Leach het tydens sy hofsaak aangevoer dat Arnold hom geld aangebied het om Vicki te vermoor. Ten tyde van haar moord, was Vicki en Arnold in ‘n bitter ekskeiding gewikkel, te midde van ’n stryd om toesig oor hul minderjarige kind.

Arnold word in Oktober afsonderlik verhoor vir die moord op Vicki.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Fotokrediet: Reuters

Rusland en Oekraïne stel skietstilstand in

Malaria - Regency Healthcare

Gauteng het meeste malaria-gevalle tot nog toe

Fotokrediet: Netwerk24

Verslag toon die grootste bedreigings vir groei onder Afrikalande

Fotokrediet: The Banking Association South Africa

Tesourie waarsku oor munisipaliteite se wanbetaling

Padlangs

Wanneer regstelling ’n rookskerm word

Ander Nuus Artikels

Fotokrediet: Polity
Ian Cameron vra Senzo Mchunu se verwydering
Fotokrediet: WUNC
Israel se verkiesingsuitslag dui op ’n kop-aan-kop-stryd
SANW-soldate
Ontplooiing van SANW-soldate na Durban beloop R34 mil.
Fotokrediet: Reuters
Rusland en Oekraïne stel skietstilstand in
Malaria - Regency Healthcare
Gauteng het meeste malaria-gevalle tot nog toe

Luister nou