Luister nou

VERTROUE IN POLISIEDIENS DAAL KWAAI

Deur Pretoria FM Nuusspan

16 Julie 2025

Vertroue in die Suid-Afrikaanse Polisiediens het tot ‘n rekordlaagtepunt gedaal, met slegs 22% van Suid-Afrikaners wat vertroue in die instelling toon.

Dié bevindings is vervat in ’n meningsopname van die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing, die RGN.

Die RGN-navorser, dr. Ngqapheli Mchunu het die data as ontstellend beskryf én as ’n aanduiding van ’n algehele wegkalwing van vertroue in openbare instellings.

Die verslag dui daarop dat die openbare vertroue in die polisie vir meer as ’n dekade op ’n afnametrajek is, met ’n duidelike tuimeling kort ná die Marikana-insident in 2012 en die Julie-onluste in 2021.

Die data dui verder aan dat die lae vertrouevlakke regstreeks met misdaad, mense se slegte ervarings met die polisie en die afwesigheid van sigbare geregtigheid verband hou.

Gauteng en KwaZulu-Natal is uitgewys as die provinsies met die laagste vlakke van vertroue wat op 18 persent staan.

One Response

  1. Dis baie sleg en jammer vir elke polisiebeampte wat hul bes lewer, maar ondermyn work deur kollegas wat eerder misdrywe sal pleeg, terqyl hulle in hul uniform is.

    Dan ook….baie dankie SAPD bestuur vir jul swak leiding en kriminele gedrag.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Storm

Stormskade in Wes-Kaap beloop R9,1 mjd.

Cyril Ramaphosa ongelukkig

Ontheffingsproses teen Ramaphosa sál voortgaan

Fotokrediet: Daily Investor

Reserwebank oor skuldvlakke

March and March - EWN

Organisasie waarsku teen geweld en plundering

Ramaphosa dink

LP’s stry oor wié Ramaphosa moet ondersoek

Ander Nuus Artikels

Fotokrediet: Queen City News
Hoeveel mikroplastiek is in jou tee?
Fotokrediet: World Bank Blogs
DA gaan dossier by SAMRK indien
SANBS-1024x724
Kom skenk vandag bloed saam met Bulle en voornemende burgemeesters
Storm
Stormskade in Wes-Kaap beloop R9,1 mjd.
Cyril Ramaphosa ongelukkig
Ontheffingsproses teen Ramaphosa sál voortgaan

Luister nou