Luister nou

Valke lê ernstige wanpraktyke bloot in verdedigingsdepartement

Deur Walter Ernst

Die Direktoraat vir Prioriteitsmisdaadondersoek (algemeen bekend as die Valke) het grootskaalse korrupsie sowel as sistemiese tekortkominge binne die verkrygingsprosesse van die Departement van Verdediging en Militêre Veterane blootgelê.

Die Valke ondersoek tans 13 sake van ernstige finansiële wanpraktyke binne dié departement, waarvan 9 reeds na die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) verwys is.

Die Valke se afdelingskommissaris vir nasionale prioriteitsmisdade luitenant-generaal Dumisani Mbotho het die aard van die tendermanipulasie en korrupsie uiteengesit in ’n saak waarin die departement ’n finansiële verlies van R100 miljoen gely het.

“Dit hou verband met die verskaffing van onderdele wat gekom het met die wanvoorstelling dat hulle van ’n oorsese land afkomstig is, wat in hierdie geval Duitsland is, terwyl hulle plaaslik verkry is,” het Mbotho gesê.

Hoewel verskeie komiteelede aandring op ’n formele parlementêre ondersoek na die weermag se R16 miljard aan onreëlmatige besteding, sê die komiteevoorsitter Dakota Legoete dat wetstoepassers toegelaat moet word om hul werk klaar te maak sonder politieke inmenging.

“Hierdie departement kan onder geen omstandighede toelaat dat strafregtelike optrede en korrupsie ongesiens voortduur nie,” het Legoete gesê.

 

Gewilde Nuus

National Mall

3 000 wit kruise vandag in Washington geplant

James Kemp

Daar is nie ’n “Afrikanerdebat” nie

horses vs bikes 4

NDBV gryp in by perde-teen-motorfietse-uitdaging

Afrikaner-vlugtelinge

Trump-regering wil tot 17 500 Afrikaner-vlugtelinge in VSA toelaat

Fotokrediet: Netwerk24

15 Nuwe kruise by Witkruismonument opgerig

Ander Nuus Artikels

Internasionale Perspektief nuut
Kan die ongemaklike linkse huwelik hou?
Graffiti-logo-nuut
Graffiti-boekeblad 25 September 2026
Rooikruis
Kritiek pla Roets nie
National Mall
3 000 wit kruise vandag in Washington geplant
James Kemp
Daar is nie ’n “Afrikanerdebat” nie

Luister nou