Die Valke-hoof in KwaZulu-Natal, Lesetja Senona het bevestig dat hy uit sy kantoor verwyder is en dat daar beslag gelê is op sy persoonlike goed, nadat daar ‘n ondersoek teen hom ingestel is.
Die provinsiale polisie kommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi het beveel dat hy te midde van die ondersoek verwyder word.
Senona het verlede week voor die Madlanaga Kommissie oor sy verhouding met die vermeende misdadiger, Vusimuzi “Cat” Matlala getuig en is beveel om sy werkstoerusting in te handig en sy kantoor te ontruim.
KwaZulu-Natalse polisie het intussen gereageer op Senona se bewerings dat hy deur Mkhwanazi, uit sy kantoor geskop is.
Senona het onlangs sy getuienis voor die Madlanga Kommissie van Ondersoek afgesluit en sê hy voel bedreig en dat sy veiligheid in gedrang is.