Luister nou

Uittog van kundigheid uit openbare gesondheid

Deur Pretoria FM Nuusspan

Suid-Afrika se staatsgesondheidstelsel word op sy knieë gedwing met bykans 6000 dokters en verpleegkundiges wat op ’n jaargrondslag uit staatsgesondheidsorggeriewe bedank.
Amptelike syfers van die sogenaamde Persal-stelsel toon dat die land tussen 2013 en 2025 12 700 dokters en byna 59 000 verpleegkundiges uit die openbare gesondheidsorgstelsel verloor het.
Dié syfers is deur die minister van gesondheid, dr. Aaron Motsoaledi bekend gemaak in antwoord op ’n parlementêre vraag van die DA-LP, Michéle Clarke.

Gauteng is die ergste getref, gevolg deur KwaZulu-Natal en die Wes-Kaap. Die krisis het glo in 2021 en 2022 ’n hoogtepunt bereik.
Die departement het die probleem deels toegeskryf aan jong mediese personeel wat nie in plattelandse gebiede wil werk waar hulle vir gemeenskapsdiens uitgeplaas word nie. Dokters en ander gesondheidsorgwerkers wat toegelaat word om in privaat praktyke te werk wanneer hulle nie by die staat op die klok is nie, is nou ook onder bespreking. Minister Motsoaledi blameer die misbruik van lonende werk buite die openbare diens vir dokters se afwesigheid en laatkom by openbare gesondheidsorggeriewe.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Fotokrediet: Tripadvisor

Toeris noodlottig in ‘n skietongeluk gewond

Fotokrediet: BusinessTech

Motoriste kan veranderinge verwag

Parlement

Nuwe reëls vir artikel 89-proses

Fotokrediet: Witness

Nuwe muntstuk ter herdenking aan die jeug

Floppy die patrolliehond

Vermiste Floppy dood gevind

Ander Nuus Artikels

Fotokrediet: Netwerk24
Binnelandse sake gaan langer ure werk
Fotokrediet: Atlantic Council
Iran se missielprogram is nie deel van die onderhandelinge nie
Telefoon
56% van polisiekantore antwoord nie
Fotokrediet: Tripadvisor
Toeris noodlottig in ‘n skietongeluk gewond
Fotokrediet: BusinessTech
Motoriste kan veranderinge verwag

Luister nou