Luister nou

Trump voeg daad by woord en onttrek finansiële steun aan SA

8 Februarie 2025

Die voorsitter van die Solidariteit-beweging, Flip Buys, sê hy gaan dringend ‘n gesprek met president Cyril Ramaphosa aanvra en na Amerika reis om gesprekke met Withuis-verteenwoordigers te voer.

Dit volg op president Donald Trump se uitvoerende bevel rakende Suid-Afrika se buitelandse beleid, onteiening, rasgebaseerde beleid en die repatriasie van Afrikaners.

Die bevel behels ook die sny van alle befondsing aan die land. Hy het aangekondig dat vlugtelingstatus aan Afrikaners in Suid-Afrika beskikbaar is, nadat Ramaphosa die Onteieningswet onderteken het.

“Ons was nie bewus daarvan dat Trump hierdie bevel sou uitreik nie. Die ANC het oor jare ‘n roekelose binnelandse en buitelandse beleid gevolg, wat daartoe gelei het dat hulle die wêreld se grootste ekonomie en een van Suid-Afrika se belangrikste handelsvennote vervreem het.”

Buys sê gewone Suid-Afrikaners moet nie die prys betaal vir diplomatieke geskille en die ANC se roekelose beleid nie. Die onttrekking van hulp kan ernstige maatskaplike gevolge en verhoogde werkloosheid tot gevolg hê.

Hy sê Solidariteit se boodskap aan presidente Ramaphosa en Trump is dat Afrikaners self hulle probleme in Suid-Afrika wil oplos. 

ActionSA se leier, Herman Mashaba sê intussen dit is verstommend dat Ramaphosa nie self die situasie rondom Amerikaanse sanksies teen Suid-Afrika hanteer nie.

Hy sê die gevaar is nou maatskaplike disharmonie in die land.

Die departement van internasionale betrekkinge en samewerking het intussen gereageer en sê die bevel is nie gegrond op feite nie.

Die departement meen die bevel maak geen melding van “Suid-Afrika se tragiese verlede van kolonialisme en apartheid nie.”

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Orgaan

Jong man (28) sterf skielik, red talle lewens as orgaanskenker: “Ons kind se dood was nie sinneloos nie”

Fotokrediet: The Mail & Guardian

Ramaphosa het ’n 50/50-kans

Gamtoos 4

As ons gaan lê is dit tot niet

Internasionale Perspektief nuut

Hoe ʼn slegte besluit of twee ʼn wenoorlog op sy kop gekeer het

Handboeke

VF Plus vra eie geskiedenisleerplanne in skole

Ander Nuus Artikels

Boer tot bord
Kos op die tafel begin lank voor die winkelrak
Leon Gropp
Leon Gropp gaan van Comrades tot komedie
Heinrich Marnitz
Heinrich Marnitz terug met Fluweel-klanke
Orgaan
Jong man (28) sterf skielik, red talle lewens as orgaanskenker: “Ons kind se dood was nie sinneloos nie”
Fotokrediet: The Mail & Guardian
Ramaphosa het ’n 50/50-kans

Luister nou