Thabo Bester kla oor die “haglike toestand” van sy tronksel


Luister nou

Volgende

Thabo Bester kla oor die “haglike toestand” van sy tronksel

Die veroordeelde reeksverkragter en moordenaar, Thabo Bester het hom tot die Grondwethof gewend in ’n poging om verlof tot appèl teen die Vrystaatse hooggeregshof in Bloemfontein se uitspraak te kry.

Bester het in die hof aangevoer dat hy onder haglike omstandighede aangehou word en dat hy nie toegang tot ‘n skootrekenaar het nie.

LEES OOK: DA reageer op OG se verslag oor Thabo Bester se ontsnapping

Volgens hom is hy allergies vir stof en sal glo op aanbeveling van ‘n dokter na ‘n sel met beter ventilasie verskuif word.

Hy voer verder aan dat die uitleg van sy enkelsel, en veral die lugversorger daar, sy gesondheid negatief beïnvloed en die kans op allergiese reaksies verhoog.

Bester en sy medebeskuldigdes staan tereg op verskeie aanklagte wat verband hou met sy uitgebreide ontsnapping uit die tronk op 3 Mei 2022. Dié verhoor sal na verwagting in Julie in die hooggeregshof begin.

One Response

  1. Waarom skenk jul enigsins aandag aan kriminele se fieterjasies.
    Vir my verregaande dat kriminele “opgehemel” word in jul berigte.
    U sal seker netso ophemelend wees oor die onwettige verkeersontsrigting veroorsaak deur polisielede vandag 19 Maart op onder andere R21 snelweg.
    Berig liewer oor werklike regs optredes teenoor die skuldiges en wanpraktyke wat gepleeg word asook om die betrokkenes “name them and shame them”
    Volg op of daar optrede is/sal wees teen die misbruik van staats voertuie en vermorsing van tyd en brandstof eerder as dat diesulkes as “helde” verbeeld soos met u berig oor die krimineel.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

NUUSWEEK JACO

Internasionale perspektief: Brics groot, maar nog lank nie invloedryk

NUUSWEEK WILLIE

Eie rigting: Uitskop van adjunkminister Whitfield bied regs- en politieke opsies

KgosikgoloKgafelaKgafelaII_26June2025

Koning regeer oor afstand ná dreigemente

Jake_White_EHTL6442-scaled-e1673217119283

Jake White verlaat die Blou Bulle

etol3

Gauteng betaal nog R3,4 miljard vir e-tol – en die rekening bly groei

Ander Nuus Artikels

Screenshot 2025-07-05 112441
Solidariteit oorweeg regstappe teen Bidvest oor “rassistiese” beurs
Vrou wat kind doodry
Vrou wat glo sy ry eie kind dood, inspireer nou ander
Glyryer2
16-JARIGE PRETORIANER DIE LAND SE JONGSTE GLYRYER
NUUSWEEK JACO
Internasionale perspektief: Brics groot, maar nog lank nie invloedryk
NUUSWEEK WILLIE
Eie rigting: Uitskop van adjunkminister Whitfield bied regs- en politieke opsies

Thabo Bester kla oor die “haglike toestand” van sy tronksel


Luister nou

Volgende