Luister nou

DA reageer op OG se verslag oor Thabo Bester se ontsnapping

Deur Pretoria FM Nuusspan

1 Oktober 2024

Die DA sê hy sal aan die voorsitter van die portefeuljekomitee vir korrektiewe dienste skryf en vra vir ‘n vergadering met dié departement, asook die departement van justisie en die polisie.

Dit kom nadat die openbare beskermer haar verslag oor Thabo Bester se ontsnapping vrygestel het.

Volgens die DA se Jahno Engelbrecht is dit skokkend dat die departement nagelaat het om die betrokke owerhede betyds in kennis te stel van die ontsnapping – ten spyte van tekens dat hy ontsnap het.

Bester het ‘n liggaam as sy eie voorgehou en dit saam met sy sel aan die brand gesteek om dit te laat laak asof hy doodgebrand het, terwyl hy in die proses ontsnap het.

Engelbrecht sê Bester se ontsnapping het nie net gapings in die land se korrektiewe-stelsel uitgewys nie, maar ook gevaarligte laat flikker oor die doeltreffendheid van samewerking tussen die privaatsektor en staatsdepartemente.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Fotokrediet: Reuters

Rusland en Oekraïne stel skietstilstand in

Malaria - Regency Healthcare

Gauteng het meeste malaria-gevalle tot nog toe

Fotokrediet: Netwerk24

Verslag toon die grootste bedreigings vir groei onder Afrikalande

Fotokrediet: The Banking Association South Africa

Tesourie waarsku oor munisipaliteite se wanbetaling

Padlangs

Wanneer regstelling ’n rookskerm word

Ander Nuus Artikels

Fotokrediet: Polity
Ian Cameron vra Senzo Mchunu se verwydering
Fotokrediet: WUNC
Israel se verkiesingsuitslag dui op ’n kop-aan-kop-stryd
SANW-soldate
Ontplooiing van SANW-soldate na Durban beloop R34 mil.
Fotokrediet: Reuters
Rusland en Oekraïne stel skietstilstand in
Malaria - Regency Healthcare
Gauteng het meeste malaria-gevalle tot nog toe

Luister nou