Luister nou

Tembisa-tenderskandaal: Beweerde meesterbrein kry borgtog

Deur Walter Ernst

Die beweerde meesterbrein agter die tenderbedrogskandaal van R635 miljoen by die Tembisa-hospitaal in Ekurhuleni, Stefan Govindraju, is vandag op borgtog van R200 000 vrygelaat.

Die 37-jarige sakeman het in die landdroshof in Palm Ridge verskyn op aanklagte van bedrog, korrupsie en geldwassery.

Die staat het nie sy borgaansoek teengestaan nie. Die Valke het Govindraju Vrydagmiddag by die O.R. Tambo Internasionale Lughawe in hegtenis geneem net nadat hy uit die buiteland teruggekeer het.

Lees ook: SOE kry groen lig om beweerde korrupsie by Thembisa-hospitaal te ondersoek

Die tenderbedrog het aan die lig gekom na die sluipmoord op die fluitjieblaser, Babita Deokaran.

Deokaran is in Augustus 2021 voor haar huis in Johannesburg in haar motor doodgeskiet. In Augustus 2022 het bewerings aan die lig gekom dat die hospitaal R498 000 betaal het vir noupyp denimbroeke.

Ondersoeke deur die Spesiale Ondersoekeenheid dui daarop dat amptenare by die hospitaal en diensverskaffers saamgewerk het om amptelike tenderprosesse te omseil.

 

Gewilde Nuus

Lynnwood padwerke - The Citizen

Bouprojek in Lynnwoodweg vra nog drie maande

Guptas

Gupta-broers steeds gesoek

Cyril Ramaphosa, South Africa's president, at the opening of the South African Reserve Bank head office, after renovations, and museum in Pretoria, South Africa, on Friday, June 19, 2026. Traders scaled back bets for a South African rate hike next month. Photographer: Waldo Swiegers/Bloomberg via Getty Images

Ramaphosa: Bewerings oor ‘wit volksmoord’ benadeel ekonomie

Ad hoc - IOL

Ad hoc-komitee finaliseer sy verslag

Fotokrediet: Groundup

SASSA funksioneer met net 44%

Ander Nuus Artikels

Israelse vlug - France 24
Israelse passasiers het ‘n noue ontkoming tydens vlug
Fotokrediet: Daily Maverick
Diplomatieke stappe teen Amerikaanse ambassadeur
plaasaanvalle - Maroela Media
Vryemarkstigting: Risiko vir moorde is groter vir boere
Lynnwood padwerke - The Citizen
Bouprojek in Lynnwoodweg vra nog drie maande
Guptas
Gupta-broers steeds gesoek

Luister nou