fbpx

Geloftefeeste

Gauteng

  • Die Pretoria-Oos Geloftekomitee se Geloftefees vind plaas op 16 Desember by die pioniershuismuseum in Silverton onder die bome. Dit begin om 9h00 en die prediker is Prof Willem Boshoff.  Daar is verversings na die diens en belangstellendes moet asb hulle eie stoele saambring. 
  • Die Witbank Geloftefees vind op 16 Desember plaas by NG Kerk Vallei ( Kiepersollaan 97, Tasbetpark) om 09:00. Die erediens sal deur Ds Hannes Grobler gelei word met die Feesrede wat deur Victor Schultz gelewer sal word. Feesganers word uitgenooi om na die verrigtinge heerlike Boereworsbroodjie te kom geniet.   Koffie , tee  en vrugtesap ook beskikbaar. Kontak Leon by 082 894 5755.
  • Die AP Kerk Kempton Park se geloftefees begin om 07:30. Om 09:30 sal Ds Piet du Preez die dankdiens lei. Dr. Pieter Groenewald, leier van die VF+ sal die feesrede lewer. Bespreek vooraf by Carin Venter: 082 879 7623  
  • Rodora Geloftefees. Randfontein-Carletonville omgewing. Verrigtinge begin 10h00. Erediens:  Ds Jasper v/d Westhuizen. Feesrede:  Alwyn De Klerk. Kontak:  Gert Kluyts 072 314 1748.
  • Gereformeerde Kerk Wonderboompoort, Genl. Beyersstraat 256, Pretoria-Noord. Erediens gelei deur Ds. Pieter le Roux en begin om 09:00
  • Geloftefees te Rooihuiskraalfeesterrein op 16 Desember 2019 om 9h00 die oggend te Rooihuiskraallweg Centurion.
  • AP Kerk Oos-Rand Geloftefees by die AP Kerkgebou, Alberton (Bloekomlaan 26, Gen. Albertspark, Alberton). Geloftediens begin om 09:30 en word gelei deur Ds. André van den Berg. Vanjaar se tema is Siener van Rensburg en die Tweede Gelofte.

Mpumalanga

  • Ons nooi u om op 16 Desember saam met ons die Gelofte te kom herdenk by Roodebank Geloftefeesterrein tussen Leandra en Standerton. Verrigtinge begin om 9:30. Bring en braai na afloop van verrigtinge. Bykosse word voorsien. Skakel Johann Pistorius by 0836308090.           
  • BADFONTEIN Geloftefees vind plaas op Alwyn Beetge se Wildsplaas by die saal. Die Prediker is Ds Lemmer Venter en die erediens begin om 10:00. Kontak persoon : Marilize Beetge Telefoon nommer : 071 656 7332
  • WATERVALSRIVIER se Geloftediens vind by die Geloftesaal plaas. Ds Riaan Botha sal die erediens lei wat om 09:00 begin. Kontak persoon : Lodewyk de Jager: 083 236 5870 of Dirk Winterbach: 072 0310 198
  • LYDENBURG Geloftefees by Gereformeerde Kerk Lydenburg. Erediens begin om 09:00. Prediker: Ds Abel Steyn. Telefoon nommer : 013 235 4391
  • NG Kerk Witbank Vallei. Kiepersollaan 97 Tasbetpark. Diens begin om 09:00 en word geleid deur Ds Hannes Grobler (NG Kerk Vallei Gemeente). Spreker: Mnr Victor Schultz. Na die verrigtinge gaan ons heerlik saam kuier.
  • GELOFTEDIENS IN SECUNDA OM 9H00 IN HERVORMDE KERK. ADRES IS RISSIK STRAAT SECUNDA, REG LANGS DIE LAERSKOOL SECUNDA. Die diens word waargeneem deur Ds Martin Engelbrecht. DVD oor geskiedenis van Bloedrivier sal ook vertoon word.

Noordwes

  • GELOFTEFEES ROEPERSFONTEIN, FREDERIKSTAD, DISTRIK POTCHEFSTROOM. Verrigtinge begin reeds 08h30.  Erediens:  Ds Johan Gericke.  Feesrede: Johan Fouchee. Verdere details:  Dries Burger 083 627 1177.
  • 94ste Bokfontein Geloftefees. Maandag 16 Desember om 09:00. Prediker – Ds Johann Joubert – NG Schoemansville. Spreker – Hannes Noëth – Uitvoerende Beampte – Solidariteit Helpende Hand. Gaste word versoek om kampstoele te bring en `n bordjie soet of sout vir tee-tyd. Daar word spele aangebied deur Koervas Voortrekker Kommando. Ligging – R104 rigting Rustenburg – kyk vir die borde langs die pad. 25*43’56.22″S 27*43’24.9″E
  • Brits Geloftefees op 16 Desember 2019 om 09:00 by Hoërskool Brits (skoolsaal). Predikant: Ds. Tinus Kruger. Spreker: Prof Koos Malan.

Vrystaat

  • Die Middelspruit Geloftefeessaamtrek begin reeds Vrydag, 13 Desember met ‘n laertrek en gesellige vleisbraai om 18:00. Die naweek is propvol prettige aktiwiteite. Op Maandag, 16 Desember vind die Geloftediens op 10:00 plaas en word gelei deur Ds Johan Lessing van NG Kerk Villiers. Die Feesrede word gelewer deur Dr. Theo de Jager van die Wêreld landbou-unie

Wes-Kaap

  • Geloftefees by Mosselbaai Stadsaal (Marsh straat). Ds Danie van Wyk sal die diens lei met Henk van de Graaff wat as geleentheidspreker optree. Die verrigtinge begin om 09:00 op 16 Desember. Kontak Piet Joubert: 082 562 7508
  • Seekoevlei se Geloftesaal is 15 km vanaf Clanwilliam op pad na Graafwater, neem die Skurfkop-afrit, en ry op die grondpad vir 2km. Net na 09:00 sal Hendrik le Roux ‘n historiese oorsig lewer. Daarna sal die erediens om 10:45 volg wat gelei word deur Herman Nieuwoudt. Vir die volledige program of meer inligting, kontak Karin Vermeulen (08:00-12:30) by 081 334 1688 of Hendrik le Roux by 067 777 7772.

KwaZulu-Natal

  • NG Kerk Pietermaritzburg Noord. 16 Desember 9:00. Prediker : Ds Lucas Meyer. Spreker: Louis Radyn.  Navrae: Louis Radyn: 0828572260.

Limpopo

  • OHRIGSTAD Potgietersaal. Erediens begin om 09:00. Prediker sal bevestig word. Kontak Marnus van der Wal: 083 751 5536 of Liesie van der Wal: 072 592 5781
  • Leeuwpoort Geloftefees. Die Geloftediens begin net na 09:00 en word gelei deur Ds. Theo Danzfuss. Geskiedenisvertelling om 10:00 word gelei deur James Kemp. Navrae: Pieter Bodenstein 082 410 1655
  • Potgietersrus Geloftefeesreëlings vir 2019. Va9 tot 13 Desember Boekevat elke aand om 18:00. 16 Desemer Geloftediens om 09:00. Diens gelei deur Ds Willie van der Merwe. Gasspreker –Mauritz Hansen. Navrae : Phillip van der Walt: 082 675 5810.



Current track

Title

Artist