Luister nou

SOE kry groen lig om beweerde korrupsie by Thembisa-hospitaal te ondersoek

Deur Pretoria FM Nuusspan

4 September 2023

Die Spesiale Ondersoekeenheid (SOE) het die groen lig gekry vir ‘n volskaalse ondersoek na bewerings van korrupsie en wanbestuur in die Gautengse departement van gesondheid en die Thembisa-hospitaal.

President Cyril Ramaphosa het verlede maand ‘n proklamasie onderteken wat die SOE sal magtig om sy eie ondersoek na die bewerings te doen.

Die SOE het reeds in ‘n verslag bevind dat R1-miljard deur korrupsie by die Thembisa-hospitaal gesteel is.

LEES OOK: “TEMBISA-HOSPITAAL BETAAL BYNA R500 000 VIR 200 DENIMBROEKE” – SÊ DA

Die korrupsie by die hospitaal is twee jaar gelede in die kollig geplaas deur die fluitjiesblaser en waarnemende hoof bestuurder van finansies by die provinsiale departement van gesondheid, Babita Deokaran.

Sy is egter in Augustus 2021 voor haar huis in Johannesburg in haar motor doodgeskiet. In Augustus 2022 het bewerings aan die lig gekom dat die hospitaal R498 000 betaal het vir noupyp denimbroeke.

Die DA het destyds gesê dat 200 pare denimbroeke vir meisies tussen 6- en 7 jaar oud aangeskaf is en dat dit uitgewerk het op R2500 per paar.

KOOP NOU KAARTJIES – https://itickets.co.za/events/472390

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

DNS-toetse

Slegs 1,5% van polisiediens se DNS-toetse betyds verwerk

Fotokrediet: Smile FM

SASSA se nuwe betaaldatums vir November aangekondig

Fotokrediet: Facebook

Iran is versigtig vir die VSA se aanval

Airlink-verbyvlug

BLO handel ondersoek na Airlink se verbyvlug af

Fotokrediet: Reuters

Brand verwoes oudste kosmark in Parys

Ander Nuus Artikels

Graffiti-logo-nuut
Graffiti-boekeblad 16 Oktober 2026
Fotokrediet: Daily Maverick
Suliman Carrim in hegtenis geneem
Fotokrediet: Freedom Front Plus
Die VF-Plus kritiseer die Konstitusionele Hof se besluit
DNS-toetse
Slegs 1,5% van polisiediens se DNS-toetse betyds verwerk
Fotokrediet: Smile FM
SASSA se nuwe betaaldatums vir November aangekondig

Luister nou