Agt tot Tien Kantien

Maandae tot Vrydae
08:00 - 10:00

Luister nou

Volgende

SOE kry groen lig om beweerde korrupsie by Thembisa-hospitaal te ondersoek

4 September 2023

Die Spesiale Ondersoekeenheid (SOE) het die groen lig gekry vir ‘n volskaalse ondersoek na bewerings van korrupsie en wanbestuur in die Gautengse departement van gesondheid en die Thembisa-hospitaal.

President Cyril Ramaphosa het verlede maand ‘n proklamasie onderteken wat die SOE sal magtig om sy eie ondersoek na die bewerings te doen.

Die SOE het reeds in ‘n verslag bevind dat R1-miljard deur korrupsie by die Thembisa-hospitaal gesteel is.

LEES OOK: “TEMBISA-HOSPITAAL BETAAL BYNA R500 000 VIR 200 DENIMBROEKE” – SÊ DA

Die korrupsie by die hospitaal is twee jaar gelede in die kollig geplaas deur die fluitjiesblaser en waarnemende hoof bestuurder van finansies by die provinsiale departement van gesondheid, Babita Deokaran.

Sy is egter in Augustus 2021 voor haar huis in Johannesburg in haar motor doodgeskiet. In Augustus 2022 het bewerings aan die lig gekom dat die hospitaal R498 000 betaal het vir noupyp denimbroeke.

Die DA het destyds gesê dat 200 pare denimbroeke vir meisies tussen 6- en 7 jaar oud aangeskaf is en dat dit uitgewerk het op R2500 per paar.

KOOP NOU KAARTJIES – https://itickets.co.za/events/472390

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Screenshot 2025-05-09 145302

Minister van verdediging loop vergadering mis oor DRK-troepe weens Rusland besoek

Photography for Brenthurst Wealth Management in July 2017  by Jeremy Glyn. 
+27828523747

Magnus Heystek oor beleggings in onsekere tye

GNOwtCrWUAAJNit

Islamitiese staat van Afrika wil politiek betree

Screenshot 2025-05-09 105122

IPL T20-kriekettoernooi opgeskort weens konflik

POTTE

Tweepot: 75% van Suid-Afrikaners onttrek weer geld

Ander Nuus Artikels

Plastic view
PLASTIC VIEW MAAK DRAAI IN DIE PARLEMENT
Internasionale perspektief
Die Suid-Tirool-model moet globaal meer aandag kry
Office-Johannesburg
“Johannesburg kan nie meer van krisis tot krisis voortstrompel”
Screenshot 2025-05-09 145302
Minister van verdediging loop vergadering mis oor DRK-troepe weens Rusland besoek
Photography for Brenthurst Wealth Management in July 2017  by Jeremy Glyn. 
+27828523747
Magnus Heystek oor beleggings in onsekere tye

Agt tot Tien Kantien

Maandae tot Vrydae
08:00 - 10:00

Luister nou

Volgende