Klankkoerant met Jaco en Susan

Maandae tot Vrydae
06:00 - 08:00

Luister nou

Volgende

SAOU eis antwoorde oor “swak behandeling” van Limpopo se SA skoolatlete

Die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie, die SAOU, sê hy verwerp die nalatige optrede van beide die onderwys departement in Limpopo, asook die Limpopo departement van sport, kuns en kultuur.

Dit kom nadat Limpopo-leerlinge op busse moes slaap omdat daar nie vir hulle verblyf gereël is in Bloemfontein, waar hulle aan die Suid-Afrikaanse Skole Atletiek-kampioenskappe deelgeneem het.

Die uitvoerende hoof van die SAOU, Paul Sauer sê die atlete, en hulle afrigters berei reeds maande lank vir die kampioenskappe voor, maar is deur beide die onderwys-, en sportdepartemente in die steek gelaat.

Sauer sê hulle het inligting van die SAOU se voorsitter in Limpopo ontvang dat die leerlinge ook die openingseremonie misgeloop het omdat hulle laat was.

Verder is die besluit geneem dat die atlete, weens die swak omstandighede waaraan hulle onderwerp is, vroeër na Limpopo moes terugkeer. Dit het daartoe gelei dat baie van die atlete hulle finale items misgeloop het.

Hy sê hierdie gebeure wys op ‘n sistemiese mislukking om die regte en waardigheid van leerders onder die Departement se sorg te verseker. “Die SAOU sal nie langer hierdie vlak van wangedrag ongesiens laat verbygaan nie.” .

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Screenshot 2025-07-05 112441

Solidariteit begin met stappe teen Bidvest oor “rassistiese” beurs

Chairs,,Table,And,Toys.,Interior,Of,Kindergarten.

22% van Graad R-onderwysers is nie gekwalifiseer nie

LISENSIE-2

OUTA vra dat rybewyskaarte 10 jaar geldig moet wees

covid-1

Studie: 50% van Covid-19-pasiënte beleef langtermyngeheue- en geestesgesondheidsprobleme

0000416479_resized_newidcard

Binnelandse sake verleng kantoorure in die skoolvakansie vir ID-aansoeke

Ander Nuus Artikels

GvZuflXXAAAZv4E
Ek sal nié dissiplinêre stappe doen teen Mkhwanazi nie – Nasionale Polisiekommissaris
ENOCH1-large
Minister gaan hemelhoë salarisse by staatsbeheerde maatskappye bekyk
GvVmHWcWoAAxnfb
Italiaanse man dood toe vliegtuig se enjin hom insuig
Screenshot 2025-07-05 112441
Solidariteit begin met stappe teen Bidvest oor “rassistiese” beurs
Chairs,,Table,And,Toys.,Interior,Of,Kindergarten.
22% van Graad R-onderwysers is nie gekwalifiseer nie

Klankkoerant met Jaco en Susan

Maandae tot Vrydae
06:00 - 08:00

Luister nou

Volgende