Luister nou

Roelf Meyer as ambassadeur in die VSA aangestel

Deur Pretoria FM Nuusspan

Die oudpolitikus en sakeman, Roelf Meyer, is deur president Cyril Ramaphosa as Suid-Afrika se nuwe ambassadeur in Amerika aangestel.

Die strategiese skuif volg op ’n uitdagende jaar van diplomatieke spanning onder die Trump-administrasie.

Meyer sal Ebrahim Rasool vervang wat in Maart verlede jaar deur die Amerikaanse regering persona non grata verklaar is.

Hoewel Meyer ontken dat hy reeds van die aanstelling weet, het die departement van internasionale betrekkinge bevestig dat ’n besluit geneem is.

Die 78-jarige Meyer was die hoofonderhandelaar namens die Nasionale Party tydens die onderhandelingsprosesse voor die politieke oorgang in die land.

Meyer het destyds vanuit konserwatiewe Afrikanerinstellings onder kritiek deurgeloop vir sy hantering van die onderhandelingsproses.

Hy het tot 1996 as minister in Nelson Mandela se kabinet gedien en is sedert 2006 ’n lid van die ANC.

Volgens die uitvoerende hoof van Solidariteit, dr. Dirk Hermann, sal sy aanstelling geen vertroue onder gewone Afrikaners skep nie. “Dit is nie die antwoord vir die herstel van verhoudinge nie. Dis nog ’n fout in die reeks foute van die regering met hulle verhouding met die Amerikaanse regering,” sê Hermann.

Gewilde Nuus

DNS-toetse

Slegs 1,5% van polisiediens se DNS-toetse betyds verwerk

Fotokrediet: Smile FM

SASSA se nuwe betaaldatums vir November aangekondig

Fotokrediet: Facebook

Iran is versigtig vir die VSA se aanval

Airlink-verbyvlug

BLO handel ondersoek na Airlink se verbyvlug af

Fotokrediet: Reuters

Brand verwoes oudste kosmark in Parys

Ander Nuus Artikels

Graffiti-logo-nuut
Graffiti-boekeblad 16 Oktober 2026
Fotokrediet: Daily Maverick
Suliman Carrim in hegtenis geneem
Fotokrediet: Freedom Front Plus
Die VF-Plus kritiseer die Konstitusionele Hof se besluit
DNS-toetse
Slegs 1,5% van polisiediens se DNS-toetse betyds verwerk
Fotokrediet: Smile FM
SASSA se nuwe betaaldatums vir November aangekondig

Luister nou