Luister nou

Ramaphosa verleng Madlanga-kommissie

Deur Walter Ernst

President Cyril Ramaphosa het die spertyd van die Madlanga-kommissie van ondersoek na korrupsie en misdadigheid in die strafregstelsel verleng.

Die paneel, wat hul werk teen die einde van Augustus moes afhandel, het nou tot 16 November vanjaar om hul finale verslag in te dien. Nuwe getuienis kan tot 2 Oktober aangehoor word.

Volgens die presidensie is dié bykomende tyd nodig sodat die kommissie ál die sake op sy agenda na behore kan hanteer en alle werksaamhede kan afrond.

Ramaphosa het sy waardering teenoor die ondersoekspan uitgespreek vir hul deeglike werk en het die Suid-Afrikaanse Polisiediens bedank vir hul flink optrede na aanleiding van die getuienis wat tot dusver gelewer is.

 

Gewilde Nuus

National Mall

3 000 wit kruise vandag in Washington geplant

James Kemp

Daar is nie ’n “Afrikanerdebat” nie

horses vs bikes 4

NDBV gryp in by perde-teen-motorfietse-uitdaging

Afrikaner-vlugtelinge

Trump-regering wil tot 17 500 Afrikaner-vlugtelinge in VSA toelaat

Fotokrediet: Netwerk24

15 Nuwe kruise by Witkruismonument opgerig

Ander Nuus Artikels

Internasionale Perspektief nuut
Kan die ongemaklike linkse huwelik hou?
Graffiti-logo-nuut
Graffiti-boekeblad 25 September 2026
Rooikruis
Kritiek pla Roets nie
National Mall
3 000 wit kruise vandag in Washington geplant
James Kemp
Daar is nie ’n “Afrikanerdebat” nie

Luister nou