Luister nou

Ramaphosa: Spazawinkels moet binne 21 dae geregistreer word

Deur Pretoria FM Nuusspan

15 November 2024

President Cyril Ramaphosa sê almal in die land moet saamwerk om ‘n einde te bring aan sterftes weens kos wat by spazawinkels gekoop word.

Hy het vroeër vanaand die land toegespreek oor die vlaag van voedselvergiftigingsgevalle, veral onder kinders.

In die afgelope paar maande is minstens 22 kinders dood en byna 900 het siek geword vermoedelik weens kos wat by spazawinkels gekoop is. Dit wil voorkom asof plaagdoders moontlik tot die vergiftiging kan lei.

Ses kinders is onlangs in Naledi, Soweto dood nadat hulle kos by ‘n spazawinkel gekoop het. ‘n Ondersoek het bevind dat ‘n fosfaatchemikalieë gevind is wat dikwels gebruik word in die landbousektor.

Dié middel word egter in informele nedersettings as rotgif gebruik al is dit nie bedoel vir huishoudelike gebruik nie.

Dit is veral Gauteng en KwaZulu-Natal waar talle gevalle aangemeld is.

Ramaphosa sê eerstens gaan owerhede sorg dat die gifstowwe uit spazawinkels verwyder word. Spazawinkels moet ook almal binne die volgende 21 dae geregistreer word.

Winkels wat nie aan die vereistes voldoen nie sal gesluit word. Deur tot deur inspeksies sal gedoen word.

Hy sê riglyne vir die verkoop van kos en peuselhappies by snoepwinkels op skoolpersele sal ook hersien word.

Verder is munisipaliteite ook aangesê om rotplae onder beheer te kry. Hy sê R500-miljoen is beskikbaar gemaak om riglyne oor gifstowwe in te stel.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

V (3)

Minder reise gaan lei tot minder vulstasies

V (2)

Geen politieke wil om plaasaanvalle stop te sit

Roelf Meyer by 'n kunsuitstalling in Washington.

Daarom was Roelf Meyer nie by Witkruisprojek

Internasionale Perspektief nuut

ANC se linkse vriende val een ná die ander

Grasland Nasionale Park 1

Nuwe Grasveld Nasionale Park in Oos-Kaap afgekondig

Ander Nuus Artikels

Padlangs
Kragdadigheid van ’n boer
Israel
7 Oktober: Waar bevind die wêreld hulself 3 jaar later?
AfriForum
AfriForum ondersoek brandstofheffings self
V (3)
Minder reise gaan lei tot minder vulstasies
V (2)
Geen politieke wil om plaasaanvalle stop te sit

Luister nou