Luister nou

R1,1 miljoen se konsultasiegeld vir bergingsfasiliteit wat nie staan nie

Deur Redaksie

Redaksie

Die oprigting van ’n bergingsfasiliteit ter waarde van R18,5 miljoen het steeds nie plaasgevind nie ten spyte daarvan dat daar reeds meer as R1,1 miljoen aan konsultasiegeld bestee is. Die projek behels die oprigting van ’n sentrale bergingsfasiliteit vir watermeters in Mangaung wat tans op verskeie plekke regoor die metro gehou word.

Volgens ’n VF Plus-raadslid in die Mangaung-metro, Valerie de Kock, is die dienskontrakte van Nala Construction Services en Mogalemole Consulting Engineers reeds drie jaar aan die gang, maar die beplanningsfase het steeds nie tot konstruksie gelei nie. Die metro vra nou dat die kontrakte tot September 2027 verleng word.

De Kock sê geen pakkamer behoort drie jaar se beplanning te verg nie. Tog is meer as R1,1 miljoen reeds aan konsultasiedienste bestee sonder enige sigbare resultaat.

Die VF Plus het die afgelope week tydens ’n raadsvergadering geëis dat die metro ’n vorderingsverslag aan die raad voorlê wat uiteensit presies watter werk vir die R1,1 miljoen gelewer is en wie aanspreeklik gehou gaan word vir die feit dat daar ná drie jaar steeds geen vordering of gebou is om daarvoor te wys nie.

 

Lees meer berigte in dié uitgawe van Nuusweek – https://www.pretoriafm.co.za/wp-content/uploads/2026/07/NUUSWEEK-Uitgawe-73-03-Jul-2026.pdf

Gewilde Nuus

Internasionale Perspektief nuut

VSA kan steeds die land van vryheid én tuiste van die dapperes wees

Koos Malan

VSA se buitelandse beleid terug op koers

DevHoof

Polisie se langsdienende vlieënier vereer

Graffiti-logo-nuut

Boekeblad met Graffiti 3 Julie 2026

Fotokrediet: Rising Sun Newspapers

Die SAID sê alles verloop klopdisselboom

Ander Nuus Artikels

Untitled design (7)
DA eis NVG moet verduidelik oor Matlala-ooreenkoms
Untitled design (6)
Dié SAID-vorm is verpligtend, maar werk nie
Internasionale Perspektief nuut
VSA kan steeds die land van vryheid én tuiste van die dapperes wees
Koos Malan
VSA se buitelandse beleid terug op koers
DevHoof
Polisie se langsdienende vlieënier vereer

Luister nou