Luister nou

“Privaat veiligheidsmaatskappye verloor méér vuurwapens as die polisie”

Deur Pretoria FM Nuusspan

13 Desember 2024

Die minister van polisie, Senzo Mchunu sê privaat veiligheidsmaatskappye verloor heelwat meer vuurwapens as wat polisiebeamptes doen.

In antwoord op ‘n vraag deur Rise Mzansi se Makashule Gana, sê Mchunu dat daar net meer as 126 000 vuurwapens deur dié ondernemings besit word.

1 646 daarvan is in die vorige geldjaar óf gesteel óf het verlore geraak.

In die eerste helfte van die 2024/25-geldjaar is daar 847 vuurwapens van privaat-veiligheidsondernemings as vermis aangemeld – rofweg vyf per dag – teenoor die polisie se 371 in dieselfde tydperk – wat op ongeveer twee per dag neerkom.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

IEC

Koalisies is ons voorland

Internasionale Perspektief nuut

Kiesers orals is kwaad

Graffiti-logo-nuut

Graffiti-boekeblad 30 Oktober 2026

Fotokrediet: Rolling Stone

Sir Patrick Stewart, Star Trek- en X-Men-ster, op 86 oorlede

Nhlanhla Mkhwanazi

Mkhwanazi binnekort nuwe hoof van die Valke

Ander Nuus Artikels

Fly Squad
Blitspatrollie se wiele val af
Skool
Ouers smeek vir ’n veilige skool
V (4)
Al meer gemeenskapsbewegings mik stembus toe
IEC
Koalisies is ons voorland
Internasionale Perspektief nuut
Kiesers orals is kwaad

Luister nou