Luister nou

Pretoria-man se liggaam in Diepsloot gevind

Deur Pretoria FM Nuusspan

‘n 33-jarige man van Pretoria se liggaam is vanoggend in Diepsloot, naby Johannesburg gevind, nadat hy as vermis aangemeld is.

Eric Jones, ‘n data-ontleder van Momentum, is sedert Donderdag vermis, en is volgens Netwerk24 laaste gesien by die Time Square-casino in Menlyn Maine.

Volgens sy suster is daar om middernag, Donderdagaand, geld uit sy rekening onttrek.

Sy vriend, Anthony Kaufmann, het aan Rekord gesê dat hulle laaste WhatsApp-gesprek om 16:35 Donderdag was, waarna sy selfoon afgeskakel is. Hy het glo die dag van sy dood aan ‘n gholfdag by die Woodhill-gholfbaan in Pretorius Park deelgeneem.

Jones se motor met al sy besittings nog daarin is gisteroggend in Diepsloot gevind. Volgens berigte is sy liggaam Saterdagoggend sowat 300 meter van sy motor, deur familie en vriende gevind.

Die familie vermoed dat hy gekaap is en gedwing is om geld te trek. Sy pa, Garth Jones sê hulle wag nog op meer besonderhede van die polisie, maar het vanoggend sy seun se dood aan Netwerk24 bevestig.

One Response

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Fotokrediet: BusinessTech

eThekwini beplan nuwe pretpark in Durban

ekonomie - Pretoria FM

Tesourie en Reserwebank se konsepreguleringsraamwerk word gepubliseer

Polisiebeamptes

SAPD: Meer wit, bruin en Indiër-rekrute gesoek

Brandstof

Godongwana kondig verligting by die pompe aan

Fotokrediet: Vecteezy

Mini-begroting onder druk: BOSA en AfriForum eis brandstofverligting

Ander Nuus Artikels

Placeholder_400x230
Heksejag op Oppenheimer en Ansara
Internasionale Perspektief nuut
Wie gaan die middeltermynverkiesing in die VSA wen?
Graffiti-logo-nuut
Graffiti-boekeblad 23 Oktober 2026
Fotokrediet: BusinessTech
eThekwini beplan nuwe pretpark in Durban
ekonomie - Pretoria FM
Tesourie en Reserwebank se konsepreguleringsraamwerk word gepubliseer

Luister nou