Die ANC – wat met ‘n volstrekte meerderheid die Vrystaat regeer – het ses burgemeesters in dié provinsie uit hul amp verwyder weens die agteruitgang in dié munisipaliteite.
Die Nala-, Nketoana-, Moqhaka-, Letsemeng-, Mafube- en Lejweleputswa-munispaliteite sal dus nou almal vir eers sonder ʼn eerste burger wees.
Dorpe soos Bothaville, Reitz, Kroonstad, Koffiefontein, Frankfort en Bultfontein sal hierdeur geraak word.
Dié besluit kom ná ‘n oorsigbesoek deur die parlementêre portefeuljekomitee oor samewerkende regering en tradisionele sake.
Die DA in die Vrystaat het die ANC se besluit verwelkom.