Luister nou

Polisie gereed vir beplande teenmigrasiebetogings

Deur Walter Ernst

Die Gautengse polisiekommissaris, luitenant-generaal Tommy Mthombeni, het die versekering gegee dat wetstoepassingsagentskappe op ’n hoë gereedheidsgrondslag sal wees nadat onwettige immigrante tot 30 Junie gegee is om die land te verlaat.

Sleutelroetes soos die N1, N3, N4 en N12 word reeds dopgehou.

Volgens Mthombeni sal dié veiligheidsoperasie op 29 Junie begin om wanorde, padblokkades of geweld deur betogers te fnuik.

Betogings teen die manier waarop onwettige immigrasie hanteer word het onlangs opgevlam, en grootskaalse betogings word oor die land heen beplan.

Spesiale taktiese eenhede sal ontplooi word vir patrollies en streng kontrolepunte.

President Cyril Ramaphosa het intussen gewaarsku dat die regering streng sal optree teen maatskappye wat onwettige werkers uitbuit. Hy het ook beklemtoon dat burgers nie die reg in eie hande mag neem nie.

 

 

Gewilde Nuus

Petrolpomp brandstof

Regering maan teen brandstof-paniekaankope

Bemarkingsoproepe

Ongewenste bemarkingsoproepe binnekort iets van die verlede

Fotokrediet: EWN

Polisie ondersoek moontlike sluipmoord op Feroz Khan se familielid

Fotokrediet: VF Plus

RDK beveel drie regters aan

Fotokrediet: Netwerk 24

SANW spandeer miljarde aan huurvlugte

Ander Nuus Artikels

Matrieks
Umalusi gereed vir matriekeindeksamen ondanks tekort aan nasieners
Fotokrediet: Instagram
Lex Libertas reageer op die jongste plaasmoord
Fotokrediet: Remitly
SA se finansiële vertroue bly stabiel
Petrolpomp brandstof
Regering maan teen brandstof-paniekaankope
Bemarkingsoproepe
Ongewenste bemarkingsoproepe binnekort iets van die verlede

Luister nou