Luister nou

Plaasmoorde duur voort te midde van regering se ontkenning

Deur Pretoria FM Nuusspan

Die burgerregteorganisasie, AfriForum het ‘n volledige lys van plaasmoorde aan die minister van Polisie, Senzo Mchunu, oorhandig ná sy bewering dat slegs een plaasmoord tussen Oktober en Desember 2024 plaasgevind het.

Volgens AfriForum is daar egter agt bevestigde gevalle, insluitend ‘n aanval waarin ‘n ma en dogter ontvoer en vermoor is.

Die organisasie beskuldig die regering daarvan dat hy óf oningelig is óf doelbewus die krisis onderspeel. Volgens AfriForum is verskeie pogings om ‘n gesprek met die regering te voer, geïgnoreer en politieke leierskap ontbreek steeds.

AfriForum se hoofwoordvoerder vir gemeenskapsveiligheid, Jacques Broodryk, wys daarop dat hul buurtwagte steeds nou saamwerk met die Suid-Afrikaanse Polisiediens, ondanks die regering se ontkenningsveldtog. Hy spreek kommer uit oor die president se volgehoue ontkenning van die erns en omvang van plaasmoorde in die land.

Die organisasie herbevestig sy verbintenis om plaasmoorde te dokumenteer en om landelike gemeenskappe te beskerm, ondanks die regering se poging om die probleem te minimaliseer.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Fotokrediet: Netwerk24

Verslag toon die grootste bedreigings vir groei onder Afrikalande

Fotokrediet: The Banking Association South Africa

Tesourie waarsku oor munisipaliteite se wanbetaling

Padlangs

Wanneer regstelling ’n rookskerm word

The Perfect Blendship headshots with piano

The Perfect Blendship bring Kersmusiek met gevoel dié November

Veterane

Veterane tree nou ook op YouTube aan

Ander Nuus Artikels

SANW-soldate
Ontplooiing van SANW-soldate na Durban beloop R34 mil.
Fotokrediet: Reuters
Rusland en Oekraïne stel skietstilstand in
Malaria - Regency Healthcare
Gauteng het meeste malaria-gevalle tot nog toe
Fotokrediet: Netwerk24
Verslag toon die grootste bedreigings vir groei onder Afrikalande
Fotokrediet: The Banking Association South Africa
Tesourie waarsku oor munisipaliteite se wanbetaling

Luister nou