Luister nou

Pieter Koen bring nuwe energie na Pretoria FM se Top 20

Deur Pretoria FM Nuusspan

Pieter Koen, gewilde Afrikaanse sanger en televisiepersoonlikheid, maak binnekort sy terugkeer na die radiogolwe as die nuwe aanbieder van Pretoria FM se Top 20. Vanaf 5 April neem hy die leisels van die program oor en sal luisteraars sy kenmerkende energie en ervaring in die ateljee kan waardeer.

Koen, wat vroeër ‘n omroeper by Radio Rippel was en die gewilde KykNET-program Jukebox op Saterdagaande aangebied het, het onlangs saam met sy gesin na Amerika verhuis. Hy keer egter terug na Suid-Afrika vir nog ‘n opwindende uitdaging – as mede-aanbieder van VIA se eerste regstreekse ontbytprogram wat op 14 April begin.

Dié veelsydige aanbieder het ook in die verlede die Afrikaanse Top 20 op Jacaranda FM hanteer en is opgewonde om weer agter die mikrofoon in te skuif. “Terug agter die mikrofoon – halleluja!” het hy gesê toe hy gevra is om die program aan te bied.

Sarina Bosman, programkoördineerder van Pretoria FM, glo Koen gaan ‘n vars en dinamiese aanslag bring. “Pieter het vrye teuels wat die formaat van die program betref. Ek dink die luisteraars gaan sy aanslag geweldig geniet. Dis ook lekker om iemand met sy ervaring by die radio betrokke te hê,” sê sy.

Vir Koen is hierdie geleentheid nie net ‘n professionele mylpaal nie, maar ook ‘n emosionele een. “Pretoria FM is vir my ’n spesiale stasie – dit was een van die eerste plekke waar ek as nuwe kunstenaar ’n radio-onderhoud gedoen het. Dit voel vir my soos ’n tuiskoms,” sê hy.

Hy voeg by: “Radio was nog altyd een van my groot passies, en om terug te wees agter die mikrofoon maak my kinderlik opgewonde.”

Luisteraars kan uitsien na ‘n top 20-program met ‘n vars energie, boeiende musiek en Koen se unieke persoonlikheid wat die program na nuwe hoogtes gaan neem. Luister elke Saterdagmiddag van 16:00-18:00 na die WeBuyCars Pretoria FM SA Top 20.

 

3 Responses

  1. Welkom terug in SA Piet!!!
    My hart is warm!
    Soos ‘n Engel op nommer #1
    Len Muller ons is SO trots, baie geluk!

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

James Kemp

Daar is nie ’n “Afrikanerdebat” nie

horses vs bikes 4

NDBV gryp in by perde-teen-motorfietse-uitdaging

Afrikaner-vlugtelinge

Trump-regering wil tot 17 500 Afrikaner-vlugtelinge in VSA toelaat

Fotokrediet: Netwerk24

15 Nuwe kruise by Witkruismonument opgerig

Bergview

Oudskoolhoof: Aantygings het blywende skade gelaat

Ander Nuus Artikels

Polisiebeamptes
Polisie sal nie rus tot waarheid oor moorde ontbloot is
Rooikruis
Kritiek pla Roets nie
National Mall
3 000 wit kruise vandag in Washington geplant
James Kemp
Daar is nie ’n “Afrikanerdebat” nie
horses vs bikes 4
NDBV gryp in by perde-teen-motorfietse-uitdaging

Luister nou