Luister nou

PHSG-skoolbeheerliggaam begin met regsgeding

Deur Pretoria FM Nuusspan

19 November 2024

Die skoolbeheerligaan van die Pretoria High School for Girls (PHSG) sê hy het met ‘n regsgeding begin oor die verslag van die Gautengse onderwysdepartement wat handel oor beweerde rassisme by dié skool.

In ‘n verklaring sê die liggaam dat die regsgeding meerdoelig is en dat een van die doelstellings is dat die verslag – wat deur Madladlamba Prokureurs opgestel is – aan die skool beskikbaar gestel word.

Dit is nie bekend waarom die verslag – waarvan die gevolgtrekkings deur die LUR vir onderwys, Matome Chiloane, tydens ‘n openbare geleentheid beskikbaar gestel is – nie aan die skool beskikbaar gestel word nie.

LEES OOK: PHSG: Ondersoekspan beveel aan dat hoof, adjunk van wangedrag aangekla word

Die beheerliggaam vra ook die hof dat die departement verhoed moet word om enige voorstelle uit dié verslag in werking stel.

Madladlamba Prokureurs is deur die Gautengse onderwysdepartement aangestel om talle bewerings van rassisme by die skool te ondersoek. Dit het begin by ‘n WhatsApp-groep waarop 12 wit meisies glo hulle swart mede-leerlinge bespreek het.

Hierdie leerlinge is tydens ‘n tug-proses onskuldig bevind.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Willie 2

Willie Spies: Alle partye is kleiner partye

Ernst Roets

Roets aanvaar parlement se uitdaging

Placeholder_400x230

Heksejag op Oppenheimer en Ansara

Internasionale Perspektief nuut

Wie gaan die middeltermynverkiesing in die VSA wen?

Graffiti-logo-nuut

Graffiti-boekeblad 23 Oktober 2026

Ander Nuus Artikels

Padlangs
Wanneer regstelling ’n rookskerm word
The Perfect Blendship headshots with piano
The Perfect Blendship bring Kersmusiek met gevoel dié November
Veterane
Veterane tree nou ook op YouTube aan
Willie 2
Willie Spies: Alle partye is kleiner partye
Ernst Roets
Roets aanvaar parlement se uitdaging

Luister nou