Luister nou

Phala Phala: Saak tot September uitgestel

Deur Pretoria FM Nuusspan

Die verhoor van drie beskuldigdes in die diefstal van miljoene rand se buitelandse valuta van President Cyril Ramaphosa se Phala Phala-plaas in 2020 is tot 15 September uitgestel.

Dié beskuldigdes, Emmanuela David, Floriana en Ndilinasho Joseph het vandag in die Modimolle-streekhof in Limpopo verskyn op aanklagte van sameswering tot huisbraak, diefstal en geldwassery.

Volgens die woordvoerder van die Limpopo NVG, Mashudu Malabi-Dzhangi, is die saak uitgestel weens Floriana se mediese toestand – sy is hoogswanger. Die aansoek om uitstel is nie teengestaan nie, en die hof het dit toegestaan.

Die verhoor sal van 15 September tot 8 Oktober vanjaar plaasvind.

Die staat beplan om meer as 20 getuies tot die getuiebank te roep.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Ernst Roets

Roets aanvaar parlement se uitdaging

Placeholder_400x230

Heksejag op Oppenheimer en Ansara

Internasionale Perspektief nuut

Wie gaan die middeltermynverkiesing in die VSA wen?

Graffiti-logo-nuut

Graffiti-boekeblad 23 Oktober 2026

Fotokrediet: BusinessTech

eThekwini beplan nuwe pretpark in Durban

Ander Nuus Artikels

The Perfect Blendship headshots with piano
The Perfect Blendship bring Kersmusiek met gevoel dié November
Veterane
Veterane tree nou ook op YouTube aan
Willie 2
Willie Spies: Alle partye is kleiner partye
Ernst Roets
Roets aanvaar parlement se uitdaging
Placeholder_400x230
Heksejag op Oppenheimer en Ansara

Luister nou