Luister nou

Phala Phala-beskuldigdes se saak gaan voort

Deur Pretoria FM Nuusspan

Die streekhof in Modimolle het die aansoek van die drie vermeende beskuldigdes in die Phala Phala-saak om vrygespreek te word, van die hand gewys.

Landdros Peter Manthatha het beslis dat Imanuwela David en sy medebeskuldigdes, Froliana Joseph en David Joseph wel in die hof moet verskyn.

Die aanklagte teen die drie hou verband met die diefstal van $580 000 (sowat R9 miljoen ten tyde van die diefstal) op president Cyril Ramaphosa se Phala Phala-wildsplaas in 2020. Hulle staan tereg op aanklagte van sameswering om huisbraak te pleeg, huisbraak met die doel om te steel, diefstal en geldwassery.

Hoewel die direkte bewyse ontbreek, word die staat se saak verder versterk deur die selfoonbewyse wat uitgebreide kontak tussen David en Floriana Joseph op die aand van die inbraak toon.

Manthatha het David se verduideliking oor sy skielike rykdom as onvoldoende bestempel.

Die hof bevind dat daar genoegsame gronde vir ’n verhoor is, wat op 25 Mei hervat sal word.

Gewilde Nuus

Siviwe Gwarube - Daily Maverick

Minister word aangewys as een van TIME se 100 Next-leiers vir 2026

Israelse vlug - France 24

Israelse passasiers het ‘n noue ontkoming tydens vlug

Fotokrediet: Daily Maverick

Diplomatieke stappe teen Amerikaanse ambassadeur

plaasaanvalle - Maroela Media

Vryemarkstigting: Risiko vir moorde is groter vir boere

Lynnwood padwerke - The Citizen

Bouprojek in Lynnwoodweg vra nog drie maande

Ander Nuus Artikels

Thoughtful Portrait Among Bookshelf Shelves
Nee Kemp, regses is ook onverdraagsaam
Senzo Mchunu - The Witness
Die OB ondersoek Senzo Mchunu
Fotokrediet: Checkatrade
Die Tshwane-metro wil die krag teen vanaand herstel
Siviwe Gwarube - Daily Maverick
Minister word aangewys as een van TIME se 100 Next-leiers vir 2026
Israelse vlug - France 24
Israelse passasiers het ‘n noue ontkoming tydens vlug

Luister nou