Luister nou

Panyaza Lesufi se beloftes sal ‘n groot voordeel inhou

Deur Pretoria FM Nuusspan

Die VryheidsFront-Plus sê die Gauteng premier, Panyaza Lesufi, het weer groot beloftes gemaak betreffende beleggings van miljarde rand wat in Gauteng gemaak sal word en tot 250 000 werksgeleenthede sal lei.

Die party sê dit is indrukwekkend en sal tot voordeel van die provinsie wees indien dit ‘n werklikheid word.

Die VF-Plus sê dit is duidelik dat die premier die VF Plus se raad tydens verlede jaar se provinsiale rede, om aggressief meer beleggings na Gauteng te trek, ernstig opgeneem het.

Die party sê die beloofde beleggings is egter nie genoeg vir die nodige groei wat hoër moet wees as die bevolkings groei in Gauteng nie.

Die VF-Plus sê die grootste geleentheid sal hom in 2029 voordoen om die nasionale en provinsiale regering in Gauteng te vervang met ‘n koalisie, wat uit redelike partye bestaan waarvan die VF Plus deel sal vorm.

Gewilde Nuus

DNS-toetse

Slegs 1,5% van polisiediens se DNS-toetse betyds verwerk

Fotokrediet: Smile FM

SASSA se nuwe betaaldatums vir November aangekondig

Fotokrediet: Facebook

Iran is versigtig vir die VSA se aanval

Airlink-verbyvlug

BLO handel ondersoek na Airlink se verbyvlug af

Fotokrediet: Reuters

Brand verwoes oudste kosmark in Parys

Ander Nuus Artikels

Graffiti-logo-nuut
Graffiti-boekeblad 16 Oktober 2026
Fotokrediet: Daily Maverick
Suliman Carrim in hegtenis geneem
Fotokrediet: Freedom Front Plus
Die VF-Plus kritiseer die Konstitusionele Hof se besluit
DNS-toetse
Slegs 1,5% van polisiediens se DNS-toetse betyds verwerk
Fotokrediet: Smile FM
SASSA se nuwe betaaldatums vir November aangekondig

Luister nou