Impak met Esté Gross

Weeksdae
13:00 - 14:00

Luister nou

Volgende

Paastyd padsterftes neem met 45,6% af

Die minste hoeveelheid ongelukke- en padsterftes in ‘n drie jaar tydperk is tydens die afgelope Paasseisoen aangemeld.

Die minister van vervoer, Barbara Creecy, het vroeër vanoggend die media ingelig oor die afgelope Paastyd, en hoe dit op die land se paaie gegaan het.

Padongelukke het met 32,5% afgeneem van 209 ongelukke in 2024 teenoor 141 in 2025. In alle provinsies is afnames in ongelukke aangemeld, behalwe in Mpumalanga en die Oos-Kaap waar meer ongelukke plaasgevind het.

Ook die hoeveelheid sterftes het ‘n afname van 45,6% getoon, met 307 sterftes in 2024 teenoor 167 sterftes in 2025.

Mpumalanga is die enigste provinsie waarin meer sterftes aangemeld is. Tydens die paastyd vanjaar is 28 sterftes aangemeld teen 22 in 2024. Dit is ‘n toename van 27,3-persent.

Wat die sterftes in die onderskeie provinsies betref is:

  • 28 mense in 2025 is in die Oos-Kaap dood teenoor 29 in 2024
  • Vrystaat sewe in 2025 teenoor 12 in 2024
  • Gauteng 22 in 2025 teenoor 52 in 2024
  • KwaZulu-Natal 27 in 2025 teenoor 47 in 2024
  • Limpopo 13 in 2025 teenoor 81 in 2024
  • Noord-Kaap ses in 2025 teenoor 17 in 2024
  • Noordwes 14 in 2025 teenoor 21 in 2024
  • Wes-Kaap 22 in 2025 teenoor 26 in 2024
  • Slegs in Mpumalanga is ‘n toename aangemeld van 28 sterftes in 2025 teenoor 22 in 2024.

Creecy meen dat samewerking tussen haar departement, burgerorganisasies, en wetstoepassers tot die afname in ongelukke- en sterftes gelei het.

Wat ander noemenswaardige syfers betref is:

  • 177 584 voertuie is in padblokkades landwyd gestop en deursoek
  • 44 505 boetes is uitgereik
  • 2 018 voertuie is afgeskryf
  • Daar is beslag gelê op 1 536 voertuie
  • 941 bestuurders is in hegtenis geneem nadat hulle onder die invloed van drankbestuur het
  • 89 bestuurders is in hegtenis geneem omdat hulle spoedgrense oortree het, en
  • 8 mense wat onder die invloed van drank bestuur het, is in hegtenis geneem omdat hulle probeer het om wetstoepassers om te koop.

Volgens Creecy is ‘n motoris in Planknek in Limpopo in hegtenis geneem nadat hy 214 kilometer per uur in ‘n 120 kilometer per uur sone gery het. In Tsolo in die Oos-Kaap is ‘n man vasgetrek weens die hoogste hoeveelheid drank in sy sisteem. Creecy sê die man het 2,38 miligram alkohol per 1000 mililiter se asem in sy sisteem gehad. Dit is byna 10 keer meer as die wettige limiet.

Sy sê in byna helfde van die padsterftes, sowat 47%, was voetgangers betrokke. Volgens Creecy is dit ‘n hartseer werklikheid dat haar departement se pad-veilgheid boodskap, nie by alle gemeenskappe uitkom nie. Sy sê baie meer werk sal op ‘n plaaslike vlak gedoen moet word om voetgangers veilig te hou.

Volgens Creecy kom haar departement se veilger paaie-veldtog eers op 4 Mei tot ‘n einde weens die langnaweke, en vakansietydperk wat tans geld. Sy sê langnaweke is berug vir padongelukke weens ‘n hoër alkohol-gebruik.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

ENOCH

Hof stop ook nou amptelik die BTW-verhoging

pexels-shvets-production-9775854

Solidariteit eis einddatum vir “rassewette wat deur Suid-Afrikaners verwerp word”

SENZO-MCHUNU

Die minister van polisie vra om verskoning nadat hy skoolhoof van verkragting beskuldig

Tshwane-water - foto met erkenning aan Randwater

VF Plus eis dringende optrede met Tshwane-watervoorsiening

insignia-air-fryer

Meer as 3-miljoen lugbraaiers herroep weens vlamme, oorverhitting

Ander Nuus Artikels

Eie rigting
Zoeloes op die Afrikanerstoep
Eskom
Eskom gereed om weer geld te leen
ENOCH
Hof stop ook nou amptelik die BTW-verhoging
pexels-shvets-production-9775854
Solidariteit eis einddatum vir “rassewette wat deur Suid-Afrikaners verwerp word”
SENZO-MCHUNU
Die minister van polisie vra om verskoning nadat hy skoolhoof van verkragting beskuldig

Impak met Esté Gross

Weeksdae
13:00 - 14:00

Luister nou

Volgende