Die Vakbond vir Staatsamptenare sê ondersoeke na bewerings teen die uitvoerende hoof van die Openbare Beleggingskorporasie, Patrick Dlamini, sal steeds voortgaan ondanks sy terugkeer na die pos.
Dit volg nadat die Hooggeregshof in Pretoria beslis het dat Dlamini se skorsing onwettig was en dit tersyde gestel het.
Die hof het bevind dat die voormalige direksie nie die vereiste ministeriële en kabinetsgoedkeuring verkry het nie.
Die vakbond sê die minister van Finansies, Enoch Godongwana, het bevestig dat ondersoeke deur die Spesiale Ondersoekeenheid en die Gedragsowerheid vir die Finansiële Sektor sal voortgaan om die bewerings teen Dlamini te ondersoek.