Luister nou

Nuuskommentaar: Die ANC se stryd teen Trump én realiteit

Deur Ernst van Zyl, hoof van Openbare Betrekkinge by AfriForum

Die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, het verlede week by ’n ANC-mediakonferensie verklaar: “Donald Trump martel ons [bedoelende die ANC] elke dag en nag. Elke week, martel hy ons!” Hierdie buitengewoon reguit opmerkings deur ’n ANC-hooggeplaaste gee vir ons ’n idee van hoe dinge gaan agter die skerms by Luthuli-huis. Vir dekades kon die ANC wegkom met vernietigende en diskriminerende beleide plaaslik sowel as ekstremistiese buitelandse beleid en retoriek. Daardie wittebrood is duidelik nou verstreke en die party sukkel om hierdie nuwe, onbekende waters te navigeer.

Die ANC bestempel president Donald Trump se uitvoerende bevele, kritiek teen die Suid-Afrikaanse regering en die instelling van wederkerige tariewe as “martelend”. Dit dui daarop dat dié party geen immuniteit het teen skeptiese en ondersoekende internasionale aandag nie. ANC-kaders het gewoond geraak aan die rooi tapyt wat vir hulle uitgerol word, selfs al betrap hulle dit gereeld met modder.

Die diplomatieke krisis wat vanjaar tussen die Trump-administrasie en die Suid-Afrikaanse regering ontvou, word hoofsaaklik gekenmerk deur die botsing tussen die Trump-administrasie wat aandring op onderhandelinge en uiteindelik ’n ooreenkoms, en die ANC wat nie enige toegewings wil oorweeg nie. Dít is ’n resep vir ’n ramp.

Intussen is Trump se tariewe vir 90 dae op ys geplaas sodat daar met die onderskeie lande hieroor onderhandel kan word. Die arrogante gedrag wat die ANC – as lid van die regering van nasionale eenheid – tot dusver openbaar het, dui nie op ’n party wat by sulke onderhandelinge sal kan wegstap met ’n ooreenkoms nie, want ’n ooreenkoms gaan ’n nederige benadering en opofferings behels.

Dit lyk asof die ANC en sy mediabondgenote hulself daarvan oortuig het dat die diplomatieke krisis tussen Suid-Afrika en Amerika die gevolg is van ’n groot misverstand. Dis natuurlik gerusstellende selfbedrog. ’n “Misverstand” sou impliseer dat die enigste ding wat nodig is om dié krisis te ontlont, is om die feite na die tafel te bring. Die probleem vir die ANC is egter dat die feite oor Suid-Afrika hoofsaaklik in die guns van die Trump-administrasie swaai. AfriForum het in sy onlangse dokumentêr Is Trump right about South Africa? op hierdie realiteit gewys.

Dit is ’n feit dat die Onteieningswet privaateiendomsreg bedreig. Verlede week het adjunkpresident Paul Mashatile weereens bevestig dat onteiening sonder vergoeding gaan plaasvind. Dit is ’n feit dat plaasmoorde ’n ernstige kwessie is wat aangehits word deur die “Kill the Boer”-dreunsang. Nadat Julius Malema hierdie dreunsang gesing het op Menseregtedag, het president Cyril Ramaphosa se woordvoerder bevestig dat die president dit nie gaan veroordeel nie. Dit is ’n feit dat die Suid-Afrikaanse regering tans meer as 142 raswette het. Vroeër vanjaar is ’n professionele krieketspan byvoorbeeld weens rassekwotas beboet en uit ’n toernooi geskop.

Die ANC gaan eers die realiteit van hul eie radikale beleide en retoriek, asook die vernietigende en immorele gevolge daarvan, moet aanvaar voordat hul enigsins ’n kans kan staan om in Suid-Afrika se belang met Trump te onderhandel. Die eerste stap om ’n probleem op te los, is om te erken dat die probleem bestaan. Om met Trump te baklei is een ding, maar om met realiteit te baklei is futiel. Soos C.J. Langenhoven uitgewys het: “’n Man wat sy toevlug tot ’n leuen moet neem, vind dikwels uit dat hy in ’n huis gaan skuil het wat nie ’n agterdeur het nie.”

4 Responses

  1. Vir meer as 30 jaar slag hulle ons wit mense steel en vat al ons vuurwapens …ons Kan ons nie self verdedig nie… hulle will ons dood hê…
    Alle swart mense kom weg met moord
    Wie dink julle is hulle
    Ons bietjie wit mense wat oor is in Suid-afrika het regtig hulp nodig
    Asb

  2. As jy nie Afrikaans verstaan nie is jy nie juis geregtig op ‘n opinie nie.

  3. As jy nie Afrikaans verstaan nie is jy nie juis geregtig op ‘n opinie nie.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Morero-toespraak

Burgemeester verduidelik oor Johannesburg se finansiële druk

Dada Morero

Morero gaan nie stry oor Eskom-skuld

Fotokrediet: GroundUp

Departement van maatskaplike ontwikkeling se begroting bekend

Fotokrediet: The Brenthurst Foundation

VN wil klimaatsverandering bekamp

GwedeMantashe

Mantashe: SA sal nie brandstoftekort ervaar

Ander Nuus Artikels

Fotokrediet: NBC News
Israel deporteer alle aktiviste
Leon Schuster
Leon Schuster op 75: Positiwiteit is die anker van die lewe
Fotokrediet: The North Africa Post
Solidariteit verwelkom Withuis se besluit oor Agoa
Morero-toespraak
Burgemeester verduidelik oor Johannesburg se finansiële druk
Dada Morero
Morero gaan nie stry oor Eskom-skuld

Luister nou