Luister nou

Nóg ’n universiteit skort klasse op oor betogings

Deur Pretoria FM Nuusspan

Alle klasse by die Universiteit van die Vrystaat is opgeskort en studente is beveel om binne 24 uur die kampusse te verlaat.
Dít volg na gewelddadige betogings op ál drie kampusse in onder meer Bloemfontein en QwaQwa.

Die onrus is weens die universiteit se besluit om aanstaande jaar voorlopige registrasies te staak.

Die universiteit sê die besluit is geneem weens ’n skerp toename in studenteskuld wat nou byna R1 miljard beloop.
Studente waarsku dat dié besluit veral arm en werkersklas-studente nadelig sal raak.

Die universiteit sê sy beleid het egter nie betrekking op studente wat deur die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente, NSFAS, befonds word nie.

Die universiteit se woordvoerder, Lacea Loader, sê die universiteit se uitvoerende komitee het ‘n uitnodiging aan studenteverteenwoordigers op al drie die kampusse gestuur vir volgehoue gesprekke oor die kwessies wat tot die betogings aanleiding gegee het.

Die minister van hoër onderwys, Buti Manamela eis intussen dat gebeurlikheidsplanne ingestel word om ontwrigtings in onderrig by die universiteit die hoof te bied.

Die minister se woordvoerder, Matshepo Seedat, sê die veiligheid van die studente, personeel en eiendom behoort geprioritiseer te word.

One Response

  1. Nie verbaas nie ek het gelukkig al my bande met die plek vetbreek toe Jansen rektor was en hul Aftikazns ib die bek geskop het. Vat vir julle

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Anil-Sooklal

SA hoë kommissaris in Indië vrygespreek ná Zuma-Gupta-besoek

Charlie Kirk 1

Tyler Robinson moet tereg staan vir die moord op Charlie Kirk

Mteto Nyati - TechCentral

Eskom het ’n oorskot elektrisiteit

Fotokrediet: Netwerk24

Ontdekking in Pafuri-gebied dui op pre-koloniale handel

Brandstof 1

Brandstofpryse styg hoër vanaf middernag

Ander Nuus Artikels

Fotokrediet: Chief Albert Luthuli News
Soektog in Pretoriuskop eindig tragies
Fotokrediet: InBoundSA
SA Airlink word steeds ondersoek
Amazon-logo
Solidariteit ondersoek Amazon se beweerde rasse-uitsluiting
Anil-Sooklal
SA hoë kommissaris in Indië vrygespreek ná Zuma-Gupta-besoek
Charlie Kirk 1
Tyler Robinson moet tereg staan vir die moord op Charlie Kirk

Luister nou