Luister nou

Nóg ’n universiteit skort klasse op oor betogings

Deur Pretoria FM Nuusspan

Alle klasse by die Universiteit van die Vrystaat is opgeskort en studente is beveel om binne 24 uur die kampusse te verlaat.
Dít volg na gewelddadige betogings op ál drie kampusse in onder meer Bloemfontein en QwaQwa.

Die onrus is weens die universiteit se besluit om aanstaande jaar voorlopige registrasies te staak.

Die universiteit sê die besluit is geneem weens ’n skerp toename in studenteskuld wat nou byna R1 miljard beloop.
Studente waarsku dat dié besluit veral arm en werkersklas-studente nadelig sal raak.

Die universiteit sê sy beleid het egter nie betrekking op studente wat deur die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente, NSFAS, befonds word nie.

Die universiteit se woordvoerder, Lacea Loader, sê die universiteit se uitvoerende komitee het ‘n uitnodiging aan studenteverteenwoordigers op al drie die kampusse gestuur vir volgehoue gesprekke oor die kwessies wat tot die betogings aanleiding gegee het.

Die minister van hoër onderwys, Buti Manamela eis intussen dat gebeurlikheidsplanne ingestel word om ontwrigtings in onderrig by die universiteit die hoof te bied.

Die minister se woordvoerder, Matshepo Seedat, sê die veiligheid van die studente, personeel en eiendom behoort geprioritiseer te word.

One Response

  1. Nie verbaas nie ek het gelukkig al my bande met die plek vetbreek toe Jansen rektor was en hul Aftikazns ib die bek geskop het. Vat vir julle

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Matrieks

’n Reusegroep matrieks het dié week in Gauteng hulle eindeksamen begin skryf.

Gemini_Generated_Image_pki0jdpki0jdpki0

Groot dele van hoofstad sonder krag

Mark Oppenheimer

Ons moet vry wees om die regering te kritiseer

Cilliers Brink

Brink: Ek was nie verras toe Moya my verraai nie

Internasionale Perspektief nuut

Rubio waarsku dat Weste dalk laaste kans op oorlewing het

Ander Nuus Artikels

Lex Libertas reageer op rasgebaseerde beleid vir die huur van staatsplaasgrond
Die voorspaakgroep, Lex Libertas sê die regering se rasgebaseerde beleid vir die huur van staatsplaasgrond versterk die bewering dat minderhede in Suid-Afrika vervolg word.
Die organisasie berei ’n verslag voor en wil met die minister van Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling vergader.
Dit volg nadat departementele advertensies vir staatsplase in Mpumalanga en die Wes-Kaap bepaal het dat slegs swart, Indiër- en bruin Suid-Afrikaanse burgers kan aansoek doen.
Lex Libertas se uitvoerende direkteur, dr. Ernst Roets, sê grondbeleid moet ekonomiese groei, voedselsekerheid en landelike werkgeleenthede bevorder, terwyl gelykheid voor die reg gehandhaaf word.
Fotokrediet: Instagram
Lex Libertas reageer op rasgebaseerde beleid
Fotokrediet: The Citizen
OVK gaan kandidaatbenoemingsproses vir 32 partye heropen
Boer tot bord
Wat is sukses?
Matrieks
’n Reusegroep matrieks het dié week in Gauteng hulle eindeksamen begin skryf.
Gemini_Generated_Image_pki0jdpki0jdpki0
Groot dele van hoofstad sonder krag

Luister nou