Luister nou

Niël van Vuuren nou Nuusweek se spotprentkunstenaar

Deur Pretoria FM Nuusspan

6 Februarie 2025

Die gewilde spotprentkunstenaar Niël van Vuuren sal voortaan elke week sorg vir Nuusweek se spotprent.

Van Vuuren vertel dat hy aan die begin van sy loopbaan sy twee groot belangstellings, naamlik kuns en politieke wetenskap, gekombineer het om spotprente te skep.

Later het hy sy tekeninge vir verskillende tydskrifte en koerante gestuur, tot hy 20 jaar gelede deur Rapport gevra is om ’n strokie vir hulle te teken en per geleentheid vir die spotprentkunstenaar Louw Henning in te staan.

Kort daarna het Beeld Van Vuuren gevra om Beeld en Volksblad se spotprente te teken. Dit het hy 20 jaar lank gedoen. Hy vertel dat die wyse waarop die medialandskap oor 20 jaar verander het, hom altyd sal bybly.

Maar hoewel sommige dinge drasties verander het, was daar ook sekere dinge wat dieselfde gebly het.

“Al het koerante se sirkulasie al minder geraak en mense hulle nuus op ander maniere gekry, was dit tog interessant om te sien watter toonaangewende rol gesaghebbende publikasies gespeel het om korrupsie, staatskaping, onbevoegdheid en interne partypolitiek bloot te lê.”

Van Vuuren sê dit dien as ’n bewys dat jy nie koerante en instellings wat nuus oordra, moet onderskat nie.

Hy hoop om elke week ’n goed getekende spotprent te lewer en dat daardie spotprent sal doen wat ’n spotprent moet doen: lesers vermaak, uitdaag en laat dink.

“’n Spotprent moet die nuus agter die nuus grafies, baie keer met die tong in die kies, weergee. Veral politici sal ’n ding op een manier sê, maar dis nooit die regte rede vir hulle optrede en hulle gedrag nie. Dit is heel waarskynlik eie belang, vrees, selfbehoud of magsbeheptheid wat hulle dryf. En as ’n spotprentkunstenaar dit kan blootlê in ’n spotprent, het hy sy werk gedoen.”

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Internasionale Perspektief nuut

ANC se linkse vriende val een ná die ander

Grasland Nasionale Park 1

Nuwe Grasveld Nasionale Park in Oos-Kaap afgekondig

Graffiti-logo-nuut

Graffiti-boekeblad 9 Oktober 2026

Fotokrediet: Adventure Life

Reuseskilpaaie word op Seychelle-eiland ontdek

Brandende motor - IOL

Teen-immigrasiebetogings lei tot geweld

Ander Nuus Artikels

V (3)
Minder reise gaan lei tot minder vulstasies
V (2)
Geen politieke wil om plaasaanvalle stop te sit
Roelf Meyer by 'n kunsuitstalling in Washington.
Daarom was Roelf Meyer nie by Witkruisprojek
Internasionale Perspektief nuut
ANC se linkse vriende val een ná die ander
Grasland Nasionale Park 1
Nuwe Grasveld Nasionale Park in Oos-Kaap afgekondig

Luister nou