Luister nou

Teen-immigrasiebetogings lei tot geweld

Deur Marelize Maré

’n Groot polisie- en weermagteenwoordigheid is vanoggend in Soweto ontplooi ná gewelddadige betogings teen onwettige immigrasie waartydens n motors aan die brand gesteek en winkels in buitelandse besit geplunder is.

Die onrus het gevolg op botsings tussen betogers en buitelandse burgers en hou verband met spanning oor die Departement van Binnelandse Sake se uitvoering van ’n Konstitusionele Hof-uitspraak.

Die uitspraak maak dit moontlik vir asielaansoekers om toegang tot die aansoekproses te kry, ongeag hoe hulle die land binnegekom het.

Minstens drie gepantserde Johannesburgse-metropolisievoertuie, verskeie polisievangwaens en vier weermagvoertuie is in Soweto ontplooi.

Die polisie bly op bystand vir moontlike verdere betogings.

Die onrus volg ook op soortgelyke geweld in Durban, waar voertuie aan die brand gesteek en winkels en openbare infrastruktuur beskadig is.

Drie buitelandse burgers is in verband met die beweerde aanranding van ’n betoger in hegtenis geneem.

Die polisie bly op bystand vir moontlike verdere betogings.

Die waarnemende nasionale polisiekommissaris Puleng Dimpane doen intussen ’n beroep op inwoners om kalm te bly.

Sy waarsku dat geweld en die vernietiging van eiendom nie die kwessies rondom immigrasie sal oplos nie en sê mense wat misdade pleeg, sal vervolg word waar daar voldoende bewyse is.

Die minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni sê die regering ondersoek die moontlike gevolge van die hofuitspraak en kry regsadvies oor verdere stappe.

Sy sê Suid-Afrikaners kan grondwetlike wysigings eis indien hulle meen die Grondwet beskerm nie hul belange en die land se soewereiniteit voldoende nie.

Gewilde Nuus

Fotokrediet: Remitly

SA se finansiële vertroue bly stabiel

Petrolpomp brandstof

Regering maan teen brandstof-paniekaankope

Bemarkingsoproepe

Ongewenste bemarkingsoproepe binnekort iets van die verlede

Fotokrediet: EWN

Polisie ondersoek moontlike sluipmoord op Feroz Khan se familielid

Fotokrediet: VF Plus

RDK beveel drie regters aan

Ander Nuus Artikels

Matrieks
Umalusi gereed vir matriekeindeksamen ondanks tekort aan nasieners
Fotokrediet: Instagram
Lex Libertas reageer op die jongste plaasmoord
Fotokrediet: Remitly
SA se finansiële vertroue bly stabiel
Petrolpomp brandstof
Regering maan teen brandstof-paniekaankope
Bemarkingsoproepe
Ongewenste bemarkingsoproepe binnekort iets van die verlede

Luister nou