Luister nou

MK-party soek alle grond in staatsbesit

Deur Pretoria FM Nuusspan

5 Augustus 2025

Die MK-party het ‘n wetsontwerp ingedien wat voorstel dat alle grond in die land onder die staat se bestuur geplaas word.

Oudpresident Jacob Zuma se party beoog hiermee om nie net weg te doen met privaat eienaarskap van grond nie, maar ook met alle wetgewing wat onteiening met vergoeding raak.

In dié voorgestelde wetgewing stel die MK-party voor dat tradisionele leiers wél die bestuur van tradisionele grondgebied sal behartig, maar daar word nie verduidelik wat dié voorstel alles behels nie.

‘n Tweederde-meerderheidsteun in die parlement sal nodig wees om sodanige wysigings aan die Grondwet aan te bring.

Die MK-parlementslid, Mzwanele Manyi – een van die beweerde staatskapers – se privaatledewetsontwerp wat beoog om Artikel 25 van die Grondwet te wysig is in die Staatskoerant gepubliseer vir openbare insette.

Die idee is glo om geskiedkundige ongeregtighede  wat grondonteiening betref – wat tot 6 April 1652 terugdateer – reg te stel.

Fotokrediet: Darren Stewart/Gallo Images

2 Responses

  1. Hulle kan nie eers dit wat hulle het in stand hou nie, hoe gaan hulle alles in stand hou.

    Seker n …… grappie ou stortkop.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Internasionale Perspektief nuut

Wie gaan die middeltermynverkiesing in die VSA wen?

Graffiti-logo-nuut

Graffiti-boekeblad 23 Oktober 2026

Fotokrediet: BusinessTech

eThekwini beplan nuwe pretpark in Durban

ekonomie - Pretoria FM

Tesourie en Reserwebank se konsepreguleringsraamwerk word gepubliseer

Polisiebeamptes

SAPD: Meer wit, bruin en Indiër-rekrute gesoek

Ander Nuus Artikels

Willie 2
Willie Spies: Alle partye is kleiner partye
Ernst Roets
Roets aanvaar parlement se uitdaging
Placeholder_400x230
Heksejag op Oppenheimer en Ansara
Internasionale Perspektief nuut
Wie gaan die middeltermynverkiesing in die VSA wen?
Graffiti-logo-nuut
Graffiti-boekeblad 23 Oktober 2026

Luister nou