Luister nou

Misdaadstatistiek: Minister vaar uit oor waninligting

Deur Pretoria FM Nuusspan

Die minister van polisie, Senzo Mchunu, het streng uitgevaar teen diégene wat volgens hom waninligting oor die misdaadvlakke in Suid-Afrika, versprei.

Hy het verwys na die vergadering tussen president Cyril Ramaphosa en sy Amerikaans eweknie, Donald Trump waartydens daar onder meer verwys is na ‘n wit volksmoord, en dat wit boere uitgeroei word terwyl hulle grond gevat word.

Mchunu het vanoggend die misdaadstatistiek vir die vierde kwartaal van die 2024/2025-boekjaar vir die tydperk van 1 Januarie 2025 tot 31 Maart 2025 bekend gemaak. Hy het die inligting wat aan Trump versprei is oor spesifek plaasmoorde as ongegrond beskryf.

Volgens hom ontken hy nie die hoë misdaadsyfer in die land nie, maar meen uitlatings dat niks daaraan gedoen word nie is onwaar.

Wat die statistiek betref sê Mchunu dat misdaad die kwartaal afgeneem het in vergelyking met dieselfde kwartaal verlede jaar.

Moord- en kontakmisdade

In al die provinsies, met die uitsondering van die Noord-Kaap was daar ‘n afname in moordsyfers. Nasionaal is 5 727 moorde gepleeg, ‘n afname van 809 moorde of 12.4% in vergelyking met die 4de kwartaal in die vorige boekjaar.

Mchunu sê 22 polisiebeamptes is in die tydperk vermoor, met ses beamptes wat op diens was en 16 wat van diens af was. 10 van die vermoorde polisiebeamptes was van Gauteng.

  • Poging tot moord toon ‘n afname van 5,8%
  • Aanranding met die doel om ernstig te beseer – afname van 5,3%
  • Rooftog afname van 10,4%.

Plaasmoorde

Mchunu sê hy en sy departement het al telkemale voor die portefeulje komitee oor polisie verskyn oor planne vir landelike veiligheid. In die vierde kwartaal is twee plaaseienaars, vermoor, twee plaaswerkers, een plaasbewoner en een plaasbestuurder.

Hy sê gewoonlik word die ras van slagoffers nie genoem nie, maar gegewe die bewerings van ‘n volksmoord van witmense, is dit belangrik om te noem dat die twee vermoorde plaaseienaars swart was, die twee plaaswerkers- en plaasbestuurder was ook swart, terwyl die plaasbewoner wit was.

Seksuele misdade

  • Verkragting – 10 688 gevalle aangemeld – ‘n toename van 36 gevalle, of 0,3%
  • Seksuele aanranding – afname van drie gevalle of 0,2%

Ander misdade

  • Motorkapings ‘n afname van 805 of 15,1%
  • Huisroof – afname van 0,4%
  • Rooftogte by besigheidspersele – ‘n afname van 1 005 gevalle of 23,4%

 

 

Polisiestasies waar die meeste moorde aangemeld word

  1. Inanda in KwaZulu-Natal – 74 gevalle van Januarie tot 31 Maart 2025. ‘n Afname van 20 gevalle of 21,3%
  2. Delft – Wes-Kaap – 66
  3. Mfuleni – Wes-Kaap – 65
  4. Nyanga – Wes-Kaap – 63
  5. Philippi-Oos- Wes-Kaap – 59
  6. Kwazakele – Oos-Kaap – 57
  7. Umlazi – KZN – 50
  8. New Brighton – Oos-Kaap – 46
  9. Kraaifontein – Wes-Kaap – 45
  10. Ivory Park – Gauteng – 42

 

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Willie 2

Willie Spies: Alle partye is kleiner partye

Ernst Roets

Roets aanvaar parlement se uitdaging

Placeholder_400x230

Heksejag op Oppenheimer en Ansara

Internasionale Perspektief nuut

Wie gaan die middeltermynverkiesing in die VSA wen?

Graffiti-logo-nuut

Graffiti-boekeblad 23 Oktober 2026

Ander Nuus Artikels

Padlangs
Wanneer regstelling ’n rookskerm word
The Perfect Blendship headshots with piano
The Perfect Blendship bring Kersmusiek met gevoel dié November
Veterane
Veterane tree nou ook op YouTube aan
Willie 2
Willie Spies: Alle partye is kleiner partye
Ernst Roets
Roets aanvaar parlement se uitdaging

Luister nou