Luister nou

Mettler kan terugkeer werk toe, sê hof

Deur Pretoria FM-nuusspan

Die hooggeregshof in Pretoria het in die guns van Solidariteit en die DA beslis in hul dringende aansoek om die skorsing van Johann Mettler as die Tshwane-metro se stadsbestuurder tersyde te stel.

Die hof het bevind dat die regerende koalisie onwettig opgetree het en nie politieke mag kan gebruik om munisipale reëls te omseil nie.

Volgens die DA het die metroraad probeer om beheer oor die stad se begroting te gryp deur lojale amptenare te beskerm en eerlike personeel uit te werk.

Die DA se burgemeesterskandidaat in die metro, Cilliers Brink het aan Pretoria FM gesê dat hierdie ’n belangrike oorwinning in die oorlog teen staatskaping is.

“Ons bestudeer nog die volle uitspraak, maar uit die bevel is dit duidelik dat Johann Mettler nou kan terugkeer werk toe en dat die metro verbied word om enigsins effek te gee aan die onregmatige stemproses wat op 9 Julie afgespeel het in die raadsaal, hangende die uitkoms van die hoofhersieningsaak. Ons boodskap aan al die amptenare van die Tshwane-metro wat bereid is om die regte ding te doen, selfs al is die gevolge in die kort termyn negatief, is: Ons sal julle ondersteun, net soos wat ons Johann Mettler ondersteun het,” het Brink gesê.

Die DA beklemtoon dat die uitspraak bewys dat wetteloosheid gevolge het vóór die komende plaaslikeregeringsverkiesing.

Solidariteit se uitvoerende hoof, dr. Dirk Hermann beskryf ook die uitspraak as ’n oorwinning vir Mettler, “wat die slagoffer van ’n politieke magspel was”. Mettler is ’n lid van die vakbond.

Hermann het gesê reëls is misbruik om ’n politieke doel te bereik, ten koste van ’n individu.

“Solidariteit se belang was nie die politiek nie, maar die beskerming van die individu se regte.”

Gewilde Nuus

Fotokrediet: Daily Maverick

Diplomatieke stappe teen Amerikaanse ambassadeur

plaasaanvalle - Maroela Media

Vryemarkstigting: Risiko vir moorde is groter vir boere

Lynnwood padwerke - The Citizen

Bouprojek in Lynnwoodweg vra nog drie maande

Guptas

Gupta-broers steeds gesoek

Cyril Ramaphosa, South Africa's president, at the opening of the South African Reserve Bank head office, after renovations, and museum in Pretoria, South Africa, on Friday, June 19, 2026. Traders scaled back bets for a South African rate hike next month. Photographer: Waldo Swiegers/Bloomberg via Getty Images

Ramaphosa: Bewerings oor ‘wit volksmoord’ benadeel ekonomie

Ander Nuus Artikels

Fotokrediet: Checkatrade
Die Tshwane-metro wil die krag teen vanaand herstel
Siviwe Gwarube - Daily Maverick
Minister word aangewys as een van TIME se 100 Next-leiers vir 2026
Israelse vlug - France 24
Israelse passasiers het ‘n noue ontkoming tydens vlug
Fotokrediet: Daily Maverick
Diplomatieke stappe teen Amerikaanse ambassadeur
plaasaanvalle - Maroela Media
Vryemarkstigting: Risiko vir moorde is groter vir boere

Luister nou