Luister nou

Meningsopname: SA’ners beplan te laat vir aftrede

Deur Walter Ernst

Die jongste Sanlam Benchmark-meningsopname toon dat Suid-Afrikaners té laat vir hul aftrede begin beplan.

Volgens die verslag is die meeste individue in hul middel dertigs van mening dat aftreebeplanning noodsaaklik is, maar hulle tree telkens eers ongeveer drie jaar voor die beëindiging van hul loopbane met hul aftreefondse in verbinding.

Die verslag toon voorts dat slegs 40% van die teikenmark die amptelike aftreeouderdom finansieel onafhanklik haal, terwyl byna die helfte vrees dat hul kapitaal uitgeput sal raak.

Boonop het net 57% professionele finansiële raad ingewin.

Volgens die verslag sukkel meeste afgetredenes steeds met skuld en moet hulle noodsaaklike uitgawes soos kos en mediese versekering besnoei.

Sanlam sê dat vroeë beplanning van kardinale belang is.

 

 

Gewilde Nuus

Fotokrediet: EWN

Polisie ondersoek moontlike sluipmoord op Feroz Khan se familielid

Fotokrediet: VF Plus

RDK beveel drie regters aan

Fotokrediet: Netwerk 24

SANW spandeer miljarde aan huurvlugte

Fotokrediet: Solidariteit netwerk

Wêreldonderwysersdag word vandag gevier

Boer tot bord

Wanneer ’n boer vermoor word ….

Ander Nuus Artikels

Fotokrediet: Remitly
SA se finansiële vertroue bly stabiel
Petrolpomp brandstof
Regering maan teen brandstof-paniekaankope
Bemarkingsoproepe
Ongewenste bemarkingsoproepe binnekort iets van die verlede
Fotokrediet: EWN
Polisie ondersoek moontlike sluipmoord op Feroz Khan se familielid
Fotokrediet: VF Plus
RDK beveel drie regters aan

Luister nou