Luister nou

Mej. Suid-Afrika se uitvoerende hoof bedank

Deur Pretoria FM Nuusspan

Die Mej. Suid-Afrika-organisasie het in ‘n verklaring aangekondig dat sy uitvoerende hoof, Stephanie Weil, bedank het.
Die organisasie het haar alle sterkte toegewens vir haar toekoms nadat die twee partye ‘n ooreenkoms kon bereik. Die nuus kom kort nadat die organisasie vroeër vanjaar ook die bedanking van sy  jare lange kreatiewe direkteur, Werner Wessels aangekondig het.
Daar heers tans verwarring oor vanjaar se Mej. Suid-Afrika kompetisie omdat die top 30 vroue nog nie aangekondig is nie – ‘n aankondiging wat tradisioneel in Mei gedoen word.
Weil is reeds die afgelope ses jaar die organisasie se uitvoerende hoof.
Die woordvoerder van die Mej. Suid-Afrika-organisasie, Kenneth Makhanya, hou vol dat hulle op dreef is om die top 30 aan te kondig en meen 2025 se kompetisie sal ‘n sukses wees, ondanks die verwikkelinge.
Weil het nog net ander mense se boodskappe oor haar bedanking op haar sosiale media-platforms gedeel, maar het nog nie self van haar laat hoor nie.

Foto: Jewish Report

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Fotokrediet: VF Plus

RDK beveel drie regters aan

Fotokrediet: Netwerk 24

SANW spandeer miljarde aan huurvlugte

Fotokrediet: Solidariteit netwerk

Wêreldonderwysersdag word vandag gevier

Boer tot bord

Wanneer ’n boer vermoor word ….

Internasionale Perspektief nuut

VSA onttrek finaal uit Irak te midde van volgehoue onstabiliteit

Ander Nuus Artikels

Petrolpomp brandstof
Regering maan teen brandstof-paniekaankope
Bemarkingsoproepe
Ongewenste bemarkingsoproepe binnekort iets van die verlede
Fotokrediet: EWN
Polisie ondersoek moontlike sluipmoord op Feroz Khan se familielid
Fotokrediet: VF Plus
RDK beveel drie regters aan
Fotokrediet: Netwerk 24
SANW spandeer miljarde aan huurvlugte

Luister nou