Nagenoeg 449 polisievoertuie in die Vrystaat is tans in onbruik.
Die Vrystaatse LUR vir gemeenskapsveiligheid, paaie en vervoer, Jabu Mbalula het die aantal bevestig in antwoord op ‘n vraag in die wetgewer.
Die VF Plus-LPW in die Vrystaat, Armand Cloete sê die voertuie is tans onbruikbaar weens onder meer herstelwerk en inspeksies. Volgens hom is dit kommerwekkend omdat die voertuie veral in landelike gebiede aangewend kan word om inwoners se veiligheid te verseker.
Cloete sê volgens georganiseerde landbou in dié provinsie is net meer as 100 voertuie nodig om die landelike veiligheidstrategie in die Vrystaat effektief te kan implementeer.
Dié strategie behels onder meer dat elke landelike polisiekantoor oor ten minste een polisievoertuig moet beskik wat aangewend word vir landelike beveiliging. Volgens Mbalula is daar nie by een polisiekantoor in die provinsie ʼn voertuig wat vir die uitsluitlike doel van landelike veiligheid toegewys is nie.
Cloete sê in dié provinsie waar veediefstal veral ‘n reuse probleem is, behoort elke beskikbare hulbron ingespan te word om misdaad in landelike gebiede te bekamp.
Hy sê die VF Plus sal in die betrokke portefeuljekomitee in die wetgewer daarop aandring dat die departement verduidelik waarom soveel voertuie in onbruik staan.
Volgens Cloete sal die party ook die minister van polisie, Senzo Mchunu, versoek om die aangeleentheid te ondersoek.
2 Responses
Daar is 400 in onbruik. Hier sit ek sonder vervoer, loop in die reen waar ek moet wees en agv daarvan is ek nou siek. Die ou rug, kniee en skouers wil nie meer saamwerk agv al die swaar dra. Is daar nie n ou klein karretjie vir my nie? Ek wil net van punt A na punt B gaan.
Where is the artisan machenics who push us out,to get our jobs ????