Luister nou

Meer as 25 000 buitelanders in Suid-Afrikaanse tronke

Deur Pretoria FM Nuusspan

Die minister van korrektiewe dienste, dr. Pieter Groenewald, het gister aan die parlement bekend gemaak dat meer as 25 000 buitelandse burgers tans in Suid-Afrikaanse tronke aangehou word.

Volgens Groenewald kos elke gevangene die belastingbetaler R463 per dag en die deportasie van hierdie gevangenes sou jaarlikse R4,2 miljard kon bespaar.

Baie van die buitelandse aangehoudendes is verhoorafwagtend, waarvan sommige al vir byna tien jaar wag om verhoor te word. Die land se tronke het ’n oorbevolkingsyfer van 48% met meer as 156 000 gevangenes, terwyl daar net 108 000 beddens is.

Die minister het beklemtoon dat die tekort aan beddens ’n groot uitdaging vir die departement bly.

Volgens hom is daar genoeg plek vir die 103 000 gevonnisde gevangenes, maar ’n verdere 60 000 aangehoudendes plaas die stelsel onder druk.

 

One Response

  1. Dit is absoluut absurd. Terwyl oumense en weeskinders nie die voorreg het om behoorlik versorg te word. Pensionarisse kan dan R13950 ‘n maand kry en die gevange R2500. Die tronke is ‘n lekker gratis bly plek wat grwtis etes vir en sanitasie voorsien. Ek dink hulle moet die ouetehuise tronke toe skuif en die mens in die tronk ouetehuis of weeshuis toe.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Willie 2

Willie Spies: Alle partye is kleiner partye

Ernst Roets

Roets aanvaar parlement se uitdaging

Placeholder_400x230

Heksejag op Oppenheimer en Ansara

Internasionale Perspektief nuut

Wie gaan die middeltermynverkiesing in die VSA wen?

Graffiti-logo-nuut

Graffiti-boekeblad 23 Oktober 2026

Ander Nuus Artikels

Padlangs
Wanneer regstelling ’n rookskerm word
The Perfect Blendship headshots with piano
The Perfect Blendship bring Kersmusiek met gevoel dié November
Veterane
Veterane tree nou ook op YouTube aan
Willie 2
Willie Spies: Alle partye is kleiner partye
Ernst Roets
Roets aanvaar parlement se uitdaging

Luister nou