Luister nou

Limpopo-boer op sy plaas vermoor

Deur Pretoria FM Nuusspan

‘n 78-jarige boer van die Roossenekal-omgewing in Limpopo se liggaam is vanoggend deur sy dogter in sy plaashuis gevind.

Die veiligheidsvoorsitter van TLU se Oos-streek, James Language het die toneel waar Robert Stolz gevind is, as grusaam beskryf. Sy liggaam was glo in een van die badkamers en dit wil voorkom asof hy met ‘n skerp voorwerp aangeval is.

Language het aan Netwerk24 gesê dat die aanval gistermiddag tussen 16:00 en 18:45 die aand moes plaasvind. Sy gesteelde motor is net voor 18:45 op ‘n kamera langs die pad, sowat 15 kilometer van die plaas, vasgevang.

Die motor is vanoggend sowat 45 kilometer van die plaas op die R555-pad na Steelpoort gevind. ’n Saak van moord is by die polisie aanhangig gemaak.

One Response

  1. Wanneer gaan ons Boere genoeg hê van ons mede boere wat so wreed en onskuldig uitgemoor word? As dit die dag gebeur sal die onreg gestraf word.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Ernst Roets

Roets aanvaar parlement se uitdaging

Placeholder_400x230

Heksejag op Oppenheimer en Ansara

Internasionale Perspektief nuut

Wie gaan die middeltermynverkiesing in die VSA wen?

Graffiti-logo-nuut

Graffiti-boekeblad 23 Oktober 2026

Fotokrediet: BusinessTech

eThekwini beplan nuwe pretpark in Durban

Ander Nuus Artikels

The Perfect Blendship headshots with piano
The Perfect Blendship bring Kersmusiek met gevoel dié November
Veterane
Veterane tree nou ook op YouTube aan
Willie 2
Willie Spies: Alle partye is kleiner partye
Ernst Roets
Roets aanvaar parlement se uitdaging
Placeholder_400x230
Heksejag op Oppenheimer en Ansara

Luister nou