Luister nou

Liggame van vermiste joernalis en sy vriendin gevind

Deur Pretoria FM Nuusspan

Die oorskot van die vermiste radiopersoonlikheid van die Pretoriase radiostasie, Capital Live FM, Aserie Ndlovu en sy vriendin, Precious Mdhluli is gevind.

Forensiese deskundiges het bevestig dat die oorskot wat vroeër in ’n veld in die KwaMhlanga-omgewing gevind is wel dié van Ndlovu en Mdluli is.

Hulle het op 18 Februarie vermis geraak.

Vyf verdagtes is intussen vasgetrek in verband met hul verdwyning en het reeds in die hof verskyn. Hulle word onder meer aangekla van motorkaping, ontvoering, huisroof en die besit van gesteelde goedere.

Die nuusdiens, Daily Maverick berig dat een van die verdagtes glo vir die paartjie gewerk het, en hulle rooi Hyundai Getz bestuur het. Volgens voorlopige inligting het die verdagte glo ‘n plan georkestreer om hulle te beroof, en was na bewering die baasbrein in hulle verdwyning.

Die Afrika Media en Kommunikeerdersforum het intussen sy skok en ongeloof uitgespreek.

Die Nasionale Persklub het op sy beurt gesê dat hy volle vertroue in die wetstoepassers het om die skuldiges aan die pen te laat ry.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Fotokrediet: Netwerk24

Verslag toon die grootste bedreigings vir groei onder Afrikalande

Fotokrediet: The Banking Association South Africa

Tesourie waarsku oor munisipaliteite se wanbetaling

Padlangs

Wanneer regstelling ’n rookskerm word

The Perfect Blendship headshots with piano

The Perfect Blendship bring Kersmusiek met gevoel dié November

Veterane

Veterane tree nou ook op YouTube aan

Ander Nuus Artikels

SANW-soldate
Ontplooiing van SANW-soldate na Durban beloop R34 mil.
Fotokrediet: Reuters
Rusland en Oekraïne stel skietstilstand in
Malaria - Regency Healthcare
Gauteng het meeste malaria-gevalle tot nog toe
Fotokrediet: Netwerk24
Verslag toon die grootste bedreigings vir groei onder Afrikalande
Fotokrediet: The Banking Association South Africa
Tesourie waarsku oor munisipaliteite se wanbetaling

Luister nou