Die koste van fase 2 van die Lesotho-hooglandwaterprojek het binne ʼn jaar van R42,1-miljard tot R53,3-miljard gestyg – ʼn verhoging van meer as R11 miljard.
Dié inligting is onthul in antwoord op ʼn parlementêre vraag deur die DA.
Maroela Media berig dat die styging met uitgerekte vertragings in die projek gepaard gaan en dat die sperdatum nou met twee en ʼn half jaar uitgestel is, tot Oktober 2030. Die projek sou aanvanklik in Junie 2028 afgehandel gewees het.
Die DA se adjunkwoordvoerder oor water en sanitasie, Stephen Moore, het in die parlement gesê dat hierdie projek noodsaaklik is omdat die krane in verskeie dele van die land leeg loop.
One Response
Julle moet net onthou, die kaders moet ook mos vir hulself sorg vir so ‘n ou ekstra bonussie om hul sakke vol te hou.