Die Kaapse Misdaad Krisis Koalisie het president Cyril Ramaphosa se besluit om die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag in die Kaapsevlakte te ontplooi, verwerp.
Die organisasie sê die ontplooiing van die SANW in 2019 het geen uitwerking in gebiede soos Mitchells Plain en Nyanga gehad nie.
Ramaphosa het verlede week tydens sy Staatsrede aangekondig dat hy die SANW gaan ontplooi om te help met die stryd teen misdaad op die Kaapse Vlakte en in Gauteng.
Die voorsitter van die organisasie, Llewellyn McMaster, sê die jongste ontplooiing toon dat polisie oorsig gefaal het en dat die regering se maatreëls uitgeput is.
Hy sê die ontplooiing van die SANW steun die sienswyse dat die Kaapse Vlakte ‘n oorlogsone en nie ‘n rampgebied is nie.