Luister nou

John Steenhuisen besoek ook VSA – wil handelsverhoudinge versterk

Deur Pretoria FM Nuusspan

Die minister van landbou, John Steenhuisensê sy hoogste prioriteit tydens die komende week se besoek aan die VSA sal wees om handelsverhoudinge tussen dié twee lande te versterk.

Hy is ingesluit by ‘n afvaardiging – onder leiding van president Cyril Ramaphosa – wat met die VSA se president, Donald Trump, en ander hooggeplaaste amptenare gaan vergader.

Steenhuisen sê dit is belangrik om handelsverhoudinge tussen dié twee lande te verstewig om werksgeleenthede te beskerm.

Volgens hom vorm landbou ‘n integrale deel van die ekonomie en kan dit gebruik word om die hoë werkloosheidsyfer onder bedwang te bring.

Intussen sal Ramaphosa na verwagting later vandag in Washington, D.C., aankom.

Dié vergadering word ook gesien as ‘n geleentheid om die strategiese verhouding tussen Washington en Pretoria te herstel en die Trump-administrasie tot dieper betrokkenheid binne die G20 te trek.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

V (3)

Minder reise gaan lei tot minder vulstasies

V (2)

Geen politieke wil om plaasaanvalle stop te sit

Roelf Meyer by 'n kunsuitstalling in Washington.

Daarom was Roelf Meyer nie by Witkruisprojek

Internasionale Perspektief nuut

ANC se linkse vriende val een ná die ander

Grasland Nasionale Park 1

Nuwe Grasveld Nasionale Park in Oos-Kaap afgekondig

Ander Nuus Artikels

Padlangs
Kragdadigheid van ’n boer
Israel
7 Oktober: Waar bevind die wêreld hulself 3 jaar later?
AfriForum
AfriForum ondersoek brandstofheffings self
V (3)
Minder reise gaan lei tot minder vulstasies
V (2)
Geen politieke wil om plaasaanvalle stop te sit

Luister nou