Luister nou

Iran kan meer pyn as die VSA absorbeer

Deur Redaksie

Die VSA het ’n veel groter vernietigingskrag as Iran, maar Iran se groter ontwrigtingskrag ontsê die VSA tot dusver ’n politieke oorwinning.

So sê die ontleder dr. Heinrich Matthee van die Stigting Pionier Instituut.

Die Amerikaanse president, Donald Trump, het Iran die afgelope week gewaarsku dat die VSA volgende week sy aanvalle sal uitbrei om kragstasies en brûe te teiken indien Teheran nie tot onderhandelinge instem nie.

Trump het aan Fox News gesê die aanvalle sal voortduur totdat hy besluit dit is genoeg.

Matthee sê daar is min tekens dat die VSA nou ’n regimeverandering of ’n ander oorspronklike doelwit deur hernude aanvalle sal bereik, nadat dit ná 39 dae se oorlog vantevore misluk het.

Volgens Matthee is daar tans ’n fase van meer geweld en dwangdiplomasie, om die partye bereid te maak tot meer toegewings en terug te dwing na die onderhandelingstafel.

“Iran het as gevolg van die oorlog sy greep op die noordelike deel van die Straat van Hormoes verstewig. Hy probeer tyd koop sodat verdere aanvalle, opeenhopings, onderbrekings en afskrikking van skeepsverkeer deur die suidelike deel van die Straat, gesteun deur die VSA, druk plaas op die VSA en die wêreldekonomie. Gaspryse in Europa is bv. 55% hoër as voor die oorlog en in Asië 73% hoër, en sulfer, helium, kunsmis, diesel en vele ander produkte word hierdeur duurder.”

Matthee sê tensy Trump veel meer bronne toewys aan hierdie oorlog, wat tans politieke en ekonomiese teenstand in die VSA ervaar, sal die uitkoms nie veel beter eindig as in ’n vorige rondte nie. Hy sê die VSA probeer weer om Iran se vermoë te verswak om skeepsverkeer te ontwrig. Suksesse daarin mag lei tot pogings om gebiede in suidelike Iran of die Golfgebied te beset, maar dit sal nie sonder Amerikaanse verliese gehou kan word nie.

“Iran maak daarop staat dat hulle polities meer pyn vir langer as die VSA kan absorbeer. Daar is ook ’n belangrike nuwe ontwikkeling. Ná ’n aanval deur Saoedi-Arabië in Jemen het die Houthi’s, wat amptelik bekend staan as Ansar Allah en ’n bondgenoot van Iran is, teruggeslaan en gedreig om ook skeepsverkeer in die Straat van Bab al-Mandab te ontwrig. Indien skeepsverkeer deur sowel die Straat van Hormoes en Bab al-Mandab ontwrig word, sal dit nog meer druk plaas op vele toevoerlinies, pryse van noodsaaklike produkte, en die wêreldekonomie, en ook op Trump.”

 

Lees meer berigte in dié uitgawe van Nuusweek-https://www.pretoriafm.co.za/wp-content/uploads/2026/07/NUUSWEEK-Uitgawe-75-17-Jul-2026.pdf

Gewilde Nuus

Untitled design (17)

Laaste wit president in Afrika sterf

Graffiti logo

Graffiti-boekeblad 17 Julie 2026

Fotokrediet: The Citizen

Hoës vergader vandag oor uitbetalings aan munisipaliteite

Fotokrediet: Reuters

Burnham verkies as leier van Arbeiders

Tafelberg-Stapper

Sanparke skerp veiligheid by Tafelberg ná aanvalle op

Ander Nuus Artikels

DCIM100MEDIADJI_0626.JPG
Ligte, kameras, rugby!
Untitled design (18)
Spies staan familie by van man wat ná rugby sterf
Untitled design (17)
Laaste wit president in Afrika sterf
Graffiti logo
Graffiti-boekeblad 17 Julie 2026
Fotokrediet: The Citizen
Hoës vergader vandag oor uitbetalings aan munisipaliteite

Luister nou