Luister nou

Inwoners in dele van Centurion steeds sonder krag

Deur Pretoria FM Nuusspan

Inwoners in dele van Centurion is steeds sonder krag nadat ‘n brand meer as 10 dae gelede by die Brakfontein-substasie in Rooihuiskraal uitgebreek het.

Talle inwoners, wat sedert die brand sonder krag sit, het vanoggend betoog weens hulle frustrasie.

Die VF Plus-raadslid in die Tshwane-metro, Lenor Janse van Rensburg, sê die party verstaan inwoners se frustrasie, maar meen geweld gaan nie die probleem oplos nie en vertraag eerder die herstelproses aan die substasie.

Sekere gedeeltes van Centurion, insluitend Mall@Reds, Amberfield I en  Amberfield II en dele van Rooihuiskraal-Noord se kragtoevoer is herstel. Rooihuiskraal-uitbreiding 5 en Heuweloord is egter steeds sonder krag.

Die burgemeester in die Tshwane-metro, dr. Nasiphi Moya, het verlede Vrydag, 11 April, die substasie besoek en inwoners verseker dat die hele gebied se krag teen die aand herstel sal wees, wat egter nie die geval was nie.

Janse van Rensburg sê weens die leë belofte het inwoners ‘n afleweringsvoertuig, wat nuwe kabels vervoer, toegang tot die substasie geweier. Dit het die herstelproses met vyf ure vertraag.

In Heuweloord het ontstoke inwoners vanoggend plaveistene na motoriste op die R55 gegooi. Volgens Janse van Rensburg neem herstelwerk aan so ʼn groot substasie gewoonlik nie minder as 14 dae nie.

Die oorsaak van die brand is nog nie vasgestel nie.

One Response

  1. Daar is iets wat ek nie vestaan nie en sal dit waardeer as iemand aan my kan verduidelik. Ek verstaan die mense is moerig vir die regering vir wie hulle gestem het. Ek verstaan nie hoekom onskuldige motoriste daaronder moet ly? Is die IK’S wragtig so laag?

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Mark Oppenheimer

Ons moet vry wees om die regering te kritiseer

Cilliers Brink

Brink: Ek was nie verras toe Moya my verraai nie

Internasionale Perspektief nuut

Rubio waarsku dat Weste dalk laaste kans op oorlewing het

Graffiti-logo-nuut

Graffiti-boekeblad 16 Oktober 2026

Fotokrediet: Daily Maverick

Suliman Carrim in hegtenis geneem

Ander Nuus Artikels

Boer tot bord
Wat is sukses?
Matrieks
’n Reusegroep matrieks het dié week in Gauteng hulle eindeksamen begin skryf.
Gemini_Generated_Image_pki0jdpki0jdpki0
Groot dele van hoofstad sonder krag
Mark Oppenheimer
Ons moet vry wees om die regering te kritiseer
Cilliers Brink
Brink: Ek was nie verras toe Moya my verraai nie

Luister nou