Luister nou

Hoërskool Garsfontein diep geskok ná Graad 10-leerling se dood

Deur Pretoria FM Nuusspan

Die graad-10-leerling aan die Hoërskool Garsfontein, wie se liggaam gisteroggend (4 Julie) op die skool se rugbyveld gevind is, is as Mia Kühn geïdentifiseer. 

Mia Kühn.

Volgens die LUR vir onderwys in Gauteng, Matome Chiloane, is Kühn aan onnatuurlike oorsake oorlede. Hoewel hy aanvanklik gesê het dat die polisie moontlike oortreders in verband met haar dood sal vervolg, het hy ook later na selfdood verwys.

Die onderwysdepartement sê hulle hoop dat kringtelevisiebeeldmateriaal by die skool meer duidelikheid oor die voorval sal kan gee. 

Volgens Kühn se moeder was sy Maandag om middernag nog by die huis, maar toe sy Dinsdagoggend wakker word was Mia nie meer in die huis nie. Haar ma het haar by die Garsfontein-polisie as vermis aangemeld toe die oproep om 08:00 deurkom dat haar liggaam deur ‘n terreinwerker gevind is.

LEES OOK: GARSFONTEIN-LEERLING SE LIGGAAM OP SKOOLGROND GEVIND

Chiloane het gister by die skool gesê dat hulle nog onseker is oor hoe Mia toegang tot die skool verkry het. Dit is tans skoolvakansie, en geen kinders is op die terrein nie.

Die Hoërskool Garsfontein het laat gisteraand op hulle Facebook-blad gesê dat hulle diep geskok, en hartseer is oor die gebeure. Die skool sê hulle sal beradingsdienste beskikbaar stel aan enige personeellid op leerlinge wat voel hulle het berading nodig.

“Ons is saam met die familie so verskriklik hartseer en ons gebede vir versterking en vertroosting gaan uit na hulle. Dra as gemeenskap hulle asseblief ook op in u gebede en ondersteuning.”

KOOP NOU KAARTJIES – https://itickets.co.za/events/472390

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Fotokrediet: Queen City News

Hoeveel mikroplastiek is in jou tee?

Fotokrediet: World Bank Blogs

DA gaan dossier by SAMRK indien

SANBS-1024x724

Kom skenk vandag bloed saam met Bulle en voornemende burgemeesters

Storm

Stormskade in Wes-Kaap beloop R9,1 mjd.

Cyril Ramaphosa ongelukkig

Ontheffingsproses teen Ramaphosa sál voortgaan

Ander Nuus Artikels

Verkiesing - Trek Kruisie - OVK
Toename in geregistreerde kiesers
Graffiti logo
Die Graffiti-boekeblad
Jeugwerkloosheid Youth Unemployment
60% van jongmense werkloos
Fotokrediet: Queen City News
Hoeveel mikroplastiek is in jou tee?
Fotokrediet: World Bank Blogs
DA gaan dossier by SAMRK indien

Luister nou