Die Griekwastad-moordenaar sal steeds agter tralies moet bly nadat die hersieningsraad vir korrektiewe toesig en parool besluit het om sy vrylating op parool terug te trek.
Dit volg nadat die minister van korrektiewe dienste, dr. Pieter Groenewald, die saak weens geweldige openbare besware laat heroorweeg het. Die 29-jarige moes reeds in Maart op parool vrygelaat wees.
Die oortreder is in 2014 tot 20 jaar tronkstraf gevonnis vir die moorde op sy pa, Deon Steenkamp, sy ma Christel en suster Marthella, asook vir die verkragting van Marthella.
Hy mag eers oor 12 maande aansoek doen om in aanmerking vir parool te kom.