Maryna Eksteen
Die Griekwastad-moordenaar, wat op Goeie Vrydag in 2012 drie lede van die Steenkamp-gesin op hul plaas, Naauwhoek doodgeskiet het, sal na verwagting Woensdag voor die paroolraad by die Upington Korrektiewe Sentrum verskyn.
Die man, nou 29-jaar oud, was 15 toe hy die Griekwastadse boer, Deon Steenkamp, sy vrou, Christel en hul dogter, Marthella doodgeskiet het.
Hy is in 2014 vir 20 jaar tronk toe gestuur vir die drie moorde asook vir verkragting, omdat hy glo die 14-jarige tienermeisie in aanloop tot die moorde verkrag het. Die verkragting is ook as motief voorgehou omdat hy dit glo wou stil hou.
Hy ontken egter steeds skuld.
Hy mag weens wysigings aan die Strafproseswet nie geïdentifiseer word nie, aangesien hy minderjarig was toe die misdrywe gepleeg is.
Netwerk24 het vertroulik verneem dat sóú die moordenaar vrygelaat word hy by sy voormalige voog in die Noord-Kaap sal gaan woon.
Fotokrediet: Emile Hendricks